Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cyril sinspeel sy kabinet gaan totaal verander
cyril ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa tydens sy toespraak op Vryheidsdag in Makhanda. Foto: https://twitter.com/PresidencyZA/

Pres. Cyril Ramaphosa het daarop gesinspeel dat noemenswaardige veranderinge aan sy nuwe kabinet gemaak gaan word.

“As ons wil hê dat die land se ekonomie moet groei, sal ons sal die kabinet moet herstruktureer,” het hy Woensdag op Goldman Sachs se beleggerskonferensie in Parktown, Johannesburg, gesê.

“Ons gaan nou daarop fokus om die nasionale ontwikkelingsplan uit te voer. Een van die grootste probleme is dat planne nie geïmplementeer word nie.

“Ek wil dit nie meer hoor nie. Ons moet nou doen wat ons beplan het,” het hy by herhaling gesê.

Ramaphosa het gesê die regering gaan nou “al die hervormings waarvan ons gepraat het, begin uitvoer. Ons wil die ekonomie laat groei en beleggers lok,” het hy gesê.

Hy het daarop gewys dat beleidsonsekerheid een van die groot uitdagings is wat oorkom moet word.

Hy het ook herhaaldelik gesê sy nuwe kabinet sal daarop fokus om korrupsie uit te roei.

“Ons sal fokus op wat die beste vir die land is en verseker dat ons dit op ’n volhoubare wyse toepas.”

Ramaphosa het ook na die Reserwebank verwys en gesê “ons is baie tevrede met hoe dié bank inflasie in bedwang hou”.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Kabinet  |  Verkiesing  |  Partye  |  Verkiesing 2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.