Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cyril: Skoon regering noodsaaklik vir beleggers

’n Skoon regering en beleidsekerheid is noodsaaklik om kapitaal na Afrika te bring.

Só het pres. Cyril Ramaphosa Donderdag op die tweede dag van die Afrika-beleggingsforum (AIF) in Sandton, Johannesburg, gesê.

Hy het ’n beroep op Afrikaleiers gedoen om sterker toe te tree tot die stryd teen korrupsie en om beleidsonsekerheid uit die weg te ruim sodat Afrika ’n voorkeurbestemming vir beleggers word.

“Om internasionaal mededingend te wees, om ’n voorkeurbestemming vir beleggers te word, sal ons die probleme van ons vasteland moet oplos wat beleggers afskrik.

“Ons moet aandag gee aan beleidsonsekerheid, beleidsonbestendigheid, finansiële wanbestuur en korrupsie.

“Ons moet bewys dat ons vasberade is om korrupsie hok te slaan, in die openbare en private sektor,” het Ramaphosa gesê.

Die beleggingsforum word bygewoon deur talle uitvoerende hoofde en minstens 20 hoofde van buitelandse staatsdepartemente.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.