Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cyril spreek medelye met NS uit ná moskee-skietery

Pres. Cyril Ramaphosa het Vrydagmiddag sy medelye uitgespreek met die regering en die mense van Nieu-Seeland ná die dubbele moskee-aanval in Christchurch.

Minstens 49 mense is Vrydagmiddag (Nieu-Seelandse tyd) in ’n skietery in twee moskees in die stad dood.

Vier mense is reeds in verband met die voorval in hegtenis geneem.

Pres. Cyril RamaphosaFoto: DEAAN VIVIER

“Die regering en die mense van Suid-Afrika betoon hul innige meegevoel met die families wat geliefdes verloor het en ons wens die beseerdes ’n vinnige herstel toe,” lui ’n verklaring wat Vrydag deur die presidensie uitgereik is.

“Die Suid-Afrikaanse diplomatieke sending in Wellington (Nieu-Seeland) is beveel om konsulêre hulp en ondersteuning te bied aan enige Suid-Afrikaners wat geraak is.”

Die Suid-Afrikaanse Moslem Juridiese Raad (MJC) het die aanvalle Vrydag veroordeel.

“Ons gebede gaan uit na die slagoffers en hul families wat in die skietery geraak is,” sê sjeg Irafaan Abrahams, president van die MJC.

Leiers wêreldwyd moet veel meer doen om Islamofobie en dade van haat en terreur te bekamp, sê die MJC. Dit sluit uitdagende en verdelende uitsprake, wat ook tot ’n toename in Islamofobie en rassisme kan bydra, in.

Mike Bush, Nieu-Seeland se polisiekommissaris, het op ’n nuuskonferensie gesê ’n man is aangekeer en van moord aangekla. Hy verskyn Saterdagoggend (plaaslike tyd) in die hof. Nog drie verdagtes is aangekeer en is in aanhouding.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.