Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cyril stuur boodskappers na Afrika oor xenofobie
Pres. Cyril Ramaphosa tydens die roudiens vir oudpresident Robert Mugabe. Foto: Getty Images

’n Span spesiale gesante wat deur pres. Cyril Ramaphosa aangestel is, het Saterdag na verskillende Afrikalande vertrek om boodskappe van solidariteit met verskeie staatshoofde en regerings regoor die vasteland te kommunikeer. Hulle sal besoek bring aan Nigerië, Ghana, Senegal, Tanzanië, die DRK en Zambië.

Hulle sal ’n boodskap van Ramaphosa aflewer ten opsigte van die onlangse geweld in dele van die land wat onder meer op buitelanders gemik was.

Dit kom ’n dag nadat Ramaphosa tydens die roudiens vir die voormalige Zimbabwiese president Robert Mugabe in Harare Afrikane om verskoning gevra het vir xenofobiese geweld wat tans hoogty vier in Suid-Afrika en elders.

Ramaphosa is tydens sy toespraak deur die skare uitgejou, maar ook toegejuig toe hy sy verskoning bied vir die aanvalle.

Meer oor:  Xenofobie  |  Geweld  |  Xenofobiese Geweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.