Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cyril ‘trap water’ oor Mkhize se posisie – DA

Pres. Cyril Ramaphosa blyk huiwerig te wees om op die spesiale ondersoekeenheid (SOE) se verslag oor dr. Zweli Mkhize se betrokkenheid by die Digital Vibes-skandaal te reageer.

Dr. Zweli Mkhize

Só sê die DA oor die party se besluit om ’n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) in te dien dat dié verslag aan die publiek bekend gemaak word.

Siviwe Gwarube, DA-LP, sê nadat die presidentskantoor bevestig het dat die verslag aan Ramaphosa verskaf is, het die DA hom gevra om dadelik die volle verslag openbaar te maak.

“Sy versuim keer dat die land ’n permanente minister van gesondheid kry, en Mkhize bly pal op spesiale verlof.”

’n Vroeëre verslag deur die Mail & Guardian dui daarop dat “die SOE ‘optrede deur die uitvoerende gesag’ teen Mkhize en tugoptrede teen die betrokke amptenare voorgestel het”.

Intussen het die Daily Maverick onthul dat daar oor die hele departement betrokkenheid was by die pogings om met die tenderproses vir die toekenning van hierdie kontrak te konkel.

Indien dit waar is, trap pres. Ramaphosa bloot water om die regte ding te doen: Om Mkhize met onmiddellike effek af te dank.

“Dit is ’n debakel met Mkhize in die middel van alles,” sê Gwarube.

“Indien dit waar is, trap pres. Ramaphosa bloot water om die regte ding te doen: Om Mkhize met onmiddellike effek af te dank.”

Volgens Gwarube moet die president sy kabinet suiwer en ’n permanente minister van gesondheid aanstel wat vaardig en bo enige verdenking is.

“Die geveg teen die Covid-19-pandemie sal nooit oorwin word met ’n minister van gesondheid wat pal op spesiale verlof is en ’n waarnemende minister wat twee portefeuljes behartig nie.”

Die SOE-verslag moet openbaar gemaak word en almal wat geïmpliseer word, moet met die volle mag van die gereg te doen kry.

“Min. Mkhize moet permanent uit sy pos verwyder word en ’n minister moet ter wille van kontinuïteit en stabiliteit in die portefeulje aangestel word.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.