Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cyril vergader oor vakatures by Reserwebank

Pres. Cyril Ramaphosa het Vrydag aangedui dat hy die Reserwebank se aanbevelings gaan oorweeg ná ’n vergadering waar vakatures in die uitvoerende leierskap van die bank bespreek is.

Pres. Cyril Ramaphosa Foto: Jabu Kumalo

Hy het Vrydag met die Reserwebank se direksie in die Sefako Makgatho- presidensiële gastehuis in Pretoria vergader, saam met die adjunkminister van finansies en die president van die Reserwebank.

Vakatures het by die sentrale bank ontstaan met die bedanking van Francois Groepe, adjunkpresident, in Januarie 2019 en die einde van Daniel Mminele, adjunkpresident, se termyn vandeesmaand.

Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, se eerste termyn gaan ook in November 2019 verval.

Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank.Foto: Theana Breugem

Luidens ’n verklaring van die presidensie maak die Wet op die Suid-Afrikaanse Reserwebank daarvoor voorsiening dat die direksie uit 15 direkteurs bestaan, insluitend die president, drie adjunkpresidente en drie ander direkteurs wat almal deur die president aangewys word ná raadpleging met die minister van finansies en die direksie.

“Die president herhaal sy verbintenis daartoe om die Reserwebank se hoë aansien in die internasionale finansiële gemeenskap en markte te beskerm en direkteurs van hoë kaliber op te lewer gegewe die belangrikheid wat ons land aan die bank heg.”

Die vergadering met die Reserwebank kom ná ’n drie dae lange kabinet-lekgotla in Pretoria.

Jackson Mthembu, minister in die presidensie, het Woensdag aan die begin van die lekgotla nie besonderhede verskaf oor die kabinet se standpunt oor nasionalisering van die Reserwebank nie en of die ANC se plan van nasionalisering deurgesien gaan word.

LEES MEER: Mthembu: Los Reserwebank vir lekgotla

Die kwessies wat tydens die lekgotla bespreek is, sal na verwagting die toon aangee vir Ramaphosa se staatsrede aanstaande week.

Ace Magashule, die sekretaris-generaal van die ANC, het verlede week ná die lekgotla van die ANC se nasionale uitvoerende komitee gesê die party het besluit om die Reserwebank se mandaat uit te brei om te fokus op ontwikkeling en werkskepping.

Dit is egter later deur Tito Mboweni, minister van finansies, weerspreek, waarna Ramaphosa self in ’n verklaring die huidige mandaat van die Reserwebank bekragtig het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.