Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cyril vra Malema om verskoning
CAPE TOWN, SOUTH AFRICA - FEBRUARY 13: EFF Julius
Julius Malema. Foto: Getty Images

Wou Julius Malema ’n hand van versoening na pres. Cyril Ramaphosa uitsteek of wou hy nóg ’n aanval loods?

Suid-Afrika sal nie weet nie want Amos Masondo, voorsittende beampte in die nasionale vergadering, het hom kortgeknip en die parlementsitting afgesluit.

Malema, EFF-leier, wou Donderdag reageer nadat Ramaphosa hartroerend om verskoning gevra het vir die beskuldiging teen Malema in die debat oor sy staatsrede Woensdag, waarin ’n ANC-LP beweer het dat hy sy vrou, Mantoa, aanrand.

“Dit was ongevraag, dit was onbehoorlik, dit was nie reg nie, en ek sal verskoning aanbied,” het Ramaphosa as deel van sy repliek op die debat oor sy staatsrede aan Malema gesê.

Ramaphosa het wel ook daarna verwys dat Malema al in 2017 beweer het dat hy (Ramaphosa) sy vorige vrou, Hope, aangerand het. Sy het dit self ontken. Malema het die president Woensdag ook daarvan beskuldig dat hy sy oorlede vrou, Nomazizi Mtshotshisa, aangerand het.

Ramaphosa het Donderdag gesê sy is nie hier om haar saak te stel nie.

“Ons moenie ’n belangrike saak soos geslagsgeweld verpolitiseer en beuselagtig maak nie. Ek is ’n pa van dogters en ’n oupa van kleindogters, ek is ’n eggenoot, ’n broer van ’n suster, 50% van die mense in die kabinet is vroue, die meerderheid Suid-Afrikaners is vroue.”

“Dit is hierdie mense wat ons moet dien, ons moet geslagsgeweld in ons leeftyd beëindig, en respek hê vir mekaar en vir die vroue in ons land, en ons moet dit doen met groot sensitiwiteit,” het hy gesê.

“My hart gaan uit na Mantoa en jou gesin,” het Ramaphosa aan Malema gesê terwyl die EFF-leier vir ’n oomblik sy kop gebuig en sy hand oor sy oë gehou het.

“Alle mans moet opstaan teen geslagsgeweld,” het Ramaphosa onder staande toejuiging gesê.

Malema wou opstaan om iets te sê, maar parlementslede se geskree het hom daarvan weerhou en Masondo het aangekondig dat die debat verby is.

Meer oor:  Julius Malema  |  Cyril Ramaphosa  |  Welvaart  |  Staatsrede2020  |  Staatsrede  |  Staatsbank  |  Ekonomie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.