Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cyril vra Saoedi-Arabië om meer olie te lewer
Pres. Cyril Ramaphosa en kroonprins Mohammad bin Salman van Saoedi-Arabië. Foto: Presidensie

Die Suid-Afrikaanse regering het Saoedi-Arabië aangemoedig om sy olieproduksie op te stoot om stygende brandstofpryse te laat rem aanslaan.

Dié Midde-Oosterse land is die grootste olieprodusent ter wêreld.

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag op ’n ampsbesoek aan die land met koning Salman bin Abdulaziz al-Saud en kroonprins Mohammad bin Salman vergader.

Die vergadering is gehou te midde van toenemende woede in Suid-Afrika oor die stygende brandstofprys, wat vandeesmaand die eerste keer tot bo R16 per liter in die binneland gestyg het.

Jeff Radebe, minister van energie, het bevestig dat oliepryse deel uitmaak van hoëvlakgesprekke.

“Die ru-olieprys het ’n belangrike invloed op die brandstofprys. Daarom wil ons die olieproduserende lande vra om meer olie in die mark te stoot sodat die prys kan daal – wat die nadelige impak van die prysverhogings in Suid-Afrika kan versag,” het Radebe gesê.

Die brandstofprys sal na verwagting in Augustus weer styg. Die regering is onder druk van sukkelende verbruikers om die prys te probeer afdwing aangesien dit hoër voedselpryse tot gevolg kan hê. Die regering is gevra om om meer ru-olie op te berg en om die heffing op brandstof te verlaag of te bevries.

“Ons het baie noodkrete van Suid-Afrikaners gehoor. Ons wil hê dat die prys daal,” het Radebe na die vergadering Donderdag gesê.

Suid-Afrika voer 47% van sy ru-olie uit Saoedi-Arabië in.

  • Ramaphosa is op ’n driedaagse reis om bande met olieproduserende lande te versterk. Hy het Nigerië Woensdag besoek en sal Vrydag in die Verenigde Arabiese Emirate aankom.
Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Saoedi-Arabië  |  Olieprys  |  Petrol
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.