Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Cyril weet van g’n klagte teen hom’

Pres. Cyril Ramaphosa is nie bewus van enige strafregtelike klagte wat teen hom oor die getuienis van Brian Molefe, oud-Eskom-grootbaas, voor die Zondo-kommissie by die Valke ingedien is nie.

Dit was Vrydag die reaksie van Tyrone Seale, waarnemende woordvoerder van Ramaphosa, en hy het bygevoeg dat die Valke ook nie met Ramaphosa in kontak was daaroor nie.

Die Valke het Vrydag gesê iemand in Limpopo het wel die polisie daar genader het om sulke klagte teen Ramaphosa in te dien, maar dat dié agentskap dit weens tegniese redes nie ondersoek nie.

Politieke kenners meen egter dat dié klagte deel is van die ANC-faksiegevegte en dat Ramaphosa se opponente hom in aanloop tot volgende week se vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) strafregtelik wil laat aankla.

Dit omdat die NUK volgende week ’n besluit oor sy omstrede “opsystaan”-klousule moet neem wat onder meer bepaal dat ANC-leiers en -lede wat van korrupsie en ander ernstige misdade aangekla word, hul poste moet ontruim totdat die klagte afgehandel is.

Dit is veral omdat Ace Magashule, ANC-sekretaris-generaal, wat tans ook op ernstige aanklagte teregstaan, self ’n slagoffer van dié klousule sal word as die ANC se besluit afgedwing word.

Die jongste verwikkelinge kom nadat die Mail & Guardian Vrydag onder meer berig het dat klagte van bedrog en diefstal teen Ramaphosa spruit uit Molefe se getuienis vroeër voor die Zondo-kommissie, waarin hy onder meer beweer het dat hy in sy vorige amp as Suid-Afrika se adjunkpresident Eskom en die land vir eie gewin “uitverkoop” het.

Ek is egter nie verbaas nie omdat dit blyk dat Ramaphosa se opponente (in die ANC) nou spring om klagte teen hom in te dien in aanloop tot volgende week se NUK-vergadering waarop oor die opsystaan-klousule besluit sal word.

Intussen het kol. Katlego Mogale, Valke-woordvoerder, Vrydag gesê dat die persoon wat die klagte ingedien het, wou Molefe se beëdigde verklaring as stawing vir sy klagte indien. Dit kon egter nie aanvaar word nie omdat Molefe nog nie klaar getuig het nie en sy beëdigde verklaring nog nie amptelike openbaar gemaak is nie.

Mogale het bygevoeg dat die klaer na die Zondo-kommissie verwys is en dat alle strafregtelike klagte wat uit getuienis voor die kommissie spruit na die nasionale vervolgingsgesag se ondersoekdirektoraad verwys is.

Intussen het dr. Ralph Mathekga, ’n politieke ontleder, Vrydag gesê dit is baie vreemd dat iemand strafregtelike klagte gegrond op “die wilde bewerings” van Molefe sou indien.

“Ek is egter nie verbaas nie omdat dit blyk dat Ramaphosa se opponente (in die ANC) nou spring om klagte teen hom in te dien in aanloop tot volgende week se NUK-vergadering waarop oor die opsystaan-klousule besluit sal word.

“Dit lyk of hulle die speelveld gelyk wil maak deur ook strafregtelike klagte teen hom in te dien. Dit sal egter nie werk nie omdat Molefe se bewerings nog ongetoets is.”

Prof. André Duvenhage, politieke ontleder aan die Noordwes-Universiteit, stem saam dat die klagte teen Ramaphosa “op die komende NUK-vergadering gemik” is.

“Die tydsberekening is baie interessant. Wat duidelik is, is dat sy opponente iets soek om teen Ramaphosa te gebruik. Dit blyk egter of daar niks substantiefs aan hierdie klagte is nie,” sê Duvenhage.

Meer oor:  Teeparty  |  Cyril Ramaphosa  |  Cyril Voor Zondo  |  Brian Molefe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.