Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cyril weier om vrae oor Ace te beantwoord

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagaand by ’n Moslemse iftar-geleentheid geweier om vrae te beantwoord oor Ace Magashule, geskorste sekretaris-generaal van die ANC.

Ramaphosa is tydens die iftar, waartydens Moslem-gelowiges met sonsondergang die einde van die vas vir die dag in die maand van Ramadaan vier, by die Islamia-kollege in Kaapstad deur joernaliste voorgekeer.

Op ’n vraag oor die Magashule-kwessie het hy net sy hand gewaai. Hy het ook nie gereageer op ’n vraag oor of hy gaan optree teen Magashule synde dat dié hom probeer skors het nie.

Die iftar-geleentheid is deur Faiez Jacobs, ANC-LP, en die Moslem Geregtelike Raad aangebied.

Magashule en ander ANC-lede wat teregstaan vir korrupsie en ander ernstige aanklagte, is Woensdag per brief oor hul skorsing ingelig nadat hulle nie binne 30 dae hul poste ontruim het nie.

Magashule sal glo steeds sy volle salaris ontvang.

Die grasietydperk is vroeër deur die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) aangekondig.

In ’n wending het Magashule ten spyte van sy eie skorsing in twee uitgelekte briewe vir Ramaphosa as president van die ANC “geskors”.

Die NUK sal na verwagting eerskomende naweek oor die opsystaan-kwessie vergader nadat die party se nasionale werkkomitee na berig word Maandag besluit het dié lede wat nie hul poste vrywillig ontruim het nie, moet geskors word.

Meer oor:  Ace Magashule  |  Cyril Ramaphosa  |  Opsystaan  |  Skorsing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.