Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cyril wens Brasilië se nuwe president geluk

’n Dag nadat derduisende mense die inhuldiging van Brasilië se nuwe president, Jair Bolsonaro, in Brasilia, die hoofstad, bygewoon het, het pres. Cyril Ramaphosa Suid-Afrika se gelukwensing aan die omstrede nuwe president oorgedra.

Suid-Afrika het noue bande met Brasilië. Nie net is albei lid van die Brics-groep nie, maar die twee lande is ook saam met Indië deel van die Ibsa-groep.

Pres. Jair Bolsonaro, die nuwe Brasiliaanse president, Dinsdag met sy inhuldiging. Foto: Getty Images

Waarnemers meen Brasilië se rol binne Brics kan onder Bolsonaro verander omdat hy na verwagting sal wegbeweeg van ander ontwikkelende lande en hom by die groot Westerse moondhede gaan probeer skaar.

Bolsonaro is ’n groot aanhanger van die VSA se pres. Donald Trump.

Mike Pompeo, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, het die inhuldiging van dié nasionalistiese nuwe president bygewoon.

Die nuwe Brasiliaanse leier het reeds aangekondig dat Brasilië die Amerikaners se voorbeeld gaan volg en sy ambassade in Israel van Tel Aviv na Jerusalem sal skuif.

Hy is ook van plan om soos Trump sy land aan die Parys-ooreenkoms oor klimaatsverandering te onttrek.

Talle lede van sy kabinet is voormalige militêre offisiere en die meeste van hulle was saam met hom kadette in die leër-akademie. Hulle is almal uitgesproke aanhangers van die militêre regering van 1964 tot 1985.

Die Suid-Afrikaanse regering sien uit daarna om met die nuwe Brasiliaanse regering saam te werk, het Ramaphosa gesê.

Sy kritici beskuldig die populistiese Bolsonaro onder meer daarvan dat hy regs in sy politieke oortuigings is en nie menseregte vooropstel nie.

Hy het in Oktober die Brasiliaanse verkiesing oortuigend gewen nadat hy die Brasiliaanse kiesers belowe het dat hy die endemiese politieke korrupsie in dié land sal uitroei en ’n ongenaakbare stryd teen dwelmbase sal voer.

Reuters berig Bolsonaro het ná sy inhuldiging gesê sy verkiesing het Brasilië van “sosialisme en politieke korrektheid” bevry. Hy het onderneem om korrupsie, misdaad en ekonomiese wanbestuur te pak.

Ramaphosa meen die goeie en strategiese betrekkinge tussen Suid-Afrika en Brasilië sal nuwe lewe kry met Bolsonaro as president, het die presidensie in ’n verklaring gesê.

Hy meen die sogenaamde suid-suid-samewerking tussen dié twee groot rolspelers in die Suidelike Halfrond sal onder Bolsonaro nog uitgebrei word.

Die Suid-Afrikaanse regering sien uit daarna om met die nuwe Brasiliaanse regering saam te werk, het Ramaphosa gesê.

Meer oor:  Jair Bolsonaro  |  Brasilië  |  Wêreld  |  Nuwe President  |  Inhuldiging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.