Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cyril wens nuwe president van Madagaskar geluk

Pres. Cyril Ramaphosa het Andry Rajoelina, Madagaskar se nuwe president, Woensdag met sy verkiesing gelukgewens.

Ramaphosa het Marc Ravalomanana, Rajoelina se vernaamste teenstander, ook bedank dat hy die belange van Madagaskar se mense eerste gestel en die uitslag van die verkiesing aanvaar het.

Andry Rajoelina, die nuwe president van Madagaskar.Foto: EPA

Dit was eers nadat die konstitusionele hof van Madagaskar Ravalomanana se besware oor die uitslag van die verkiesing verwerp het.

Oudminister Roelf Meyer en Ebrahim Ebrahim, ’n voormalige adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking, was Ramaphosa se spesiale gesante na Madagaskar.

Hulle het ’n groot rol gespeel om die twee partye die strydbyl te laat begrawe en die verkiesing moontlik te maak.

Ramaphosa sê in ’n verklaring deur die presidensie hy is bly oor die bevindinge van die waarnemerspan van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) dat die verkiesing “ordelik, professioneel en volgens die vereistes van die wet (in Madagaskar)” verloop het.

Ramaphosa sê Suid-Afrika ondersteun nasionale versoening, maatskaplik-ekonomiese ontwikkeling en ’n volhoubare politieke oplossing in Madagaskar.

Die ouddiplomaat Gert Grobler, ’n voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur in Madagaskar wat ’n groot rol gespeel het in die SAOG se poging om stabiliteit in Madagaskar te herstel, het in sy reaksie gesê hy hoop die betrekkinge tussen Suid-Afrika en Madagaskar sal na dese verbeter.

Die betrekkinge tussen die twee lande was nie goed in die tyd van oudpres. Jacob Zuma nie, terwyl Rajoelina skepties was oor Suid-Afrika en die SAOG se rol.

Grobler glo dit sal goed wees vir die betrekkinge tussen die twee lande as Suid-Afrika op baie hoë vlak by Rajoelina se inhuldiging verteenwoordig word.

  • Intussen het Ramaphosa Woensdag met pres. Edgar Lungu van Zambië vergader wat op ’n werkbesoek in Suid-Afrika is. Hulle het onder meer gepraat oor die situasie in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) waar die voorlopige uitslag van die verkiesing op 30 Desember nog nie bekend gemaak is nie.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.