Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Cyril wil SA blameer vir regering se mislukking’

Pleks daarvan dat pres. Cyril Ramaphosa verantwoordelikheid neem, wil hy nou Suid-Afrikaners blameer vir die situasie met Covid-19 in die land.

Dít is die reaksie van die DA nadat Ramaphosa Sondagaand in sy toespraak aan die nasie onder meer aangekondig het dat drankverkope weer verbied word, dat ’n aandklokreël ingestel gaan word van 21:00 tot 04:00 en dat besoeke aan familie en vriende steeds nie mag plaasvind nie.

John Steenhuisen, tussentydse DA-leier, het in ’n verklaring gesê bogenoemde maatreëls is niks anders nie as ’n rookskerm om die aandag daarvan af te lei dat die regering die inperking gemors het, pleks daarvan om die gesondheidstelsel en toetskapasiteit op te bou.

“Slegs een provinsie, die DA-beheerde Wes-Kaap, het die inperking doeltreffend gebruik om veldhospitale te bou. So, terwyl daar ekstra kapasiteit in die Wes-Kaap se veldhospitale is, word mense in ANC-beheerde provinsies gelos om oor suurstof te baklei,” sê Steenhuisen.

“Die argument dat alkoholverwante trauma druk op die gesondheidstelsel plaas, dien bloot as ’n verskoning om die mislukking onder die mat in te vee.”

“Die argument dat alkoholverwante trauma druk op die gesondheidstelsel plaas, dien bloot as ’n verskoning om die mislukking onder die mat in te vee.

Die DA het ook die verbod op familiebesoeke verwerp.

“Hoe is dit wettig om ’n casino te besoek of ’n kerkdiens met 49 ander mense by te woon, maar dit is onwettig om jou eie familie te sien?”

Steenhuisen sê die land kort ’n Marshall-plan om voorkoming en gesondheidskapasiteit op te bou.

“Die regering moet die nederigheid hê om die private sekor om hulp te vra en moet leer van wat werk in die Wes-Kaap. Elke hulpbron moet gebruik word,” sê hy.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, sê as die ANC-regering nie so onbevoeg was nie en die krisis beter bestuur het, sou daar nou genoeg hospitaalbeddens gewees het.

“Boonop het die president basies vanaand erken dat die maatreëls nie toegepas word nie. Ons vraag is, hoe gaan die regering dit nou wil toepas?”

Ramaphosa het ook bekend gemaak dat die dra van maskers in openbare plekke nou wetlik verpligtend sal wees. Buiten oor lang afstande, mag taxi’s nou mense teen 100%-kapasiteit vervoer.

Boonop het die president basies vanaand erken dat die maatreëls nie toegepas word nie. Ons vraag is, hoe gaan die regering dit nou wil toepas?

Dr. Somadoda Fikeni, ’n politieke ontleder van Unisa, sê die regering het met laasgenoemde toegewing gevou onder druk van die taxi-bedryf.

“Die regering het gesloer om die taxi-bedryf te formaliseer en dit het teruggekom en hom aan die gatkant gebyt. Omdat die bedryf informeel is, kan hulle nie kwalifiseer vir finansiële hulpverlening nie,” sê hy.

Die politieke ontleder dr. Ralph Mathekga meen ook die regering het die inperking gemors omdat die regering nou in ’n ommeswaai die klem daarop wil plaas dat mense self verantwoordelikheid moet neem.

“Hulle moes van die begin af eerder meer geld spandeer het aan advertensieveldtogte om mense in te lig oor wat hulle self kan doen. Hulle het eerder gekies om die situasie deur die polisie en met ’n harde inperking te bestuur ten koste van die ekonomie. Dit het nie gewerk nie,” sê Mathekga.

Meer oor:  Drankverbod  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.