Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
D-dag vir NVG se Jiba en Mrwebi

Die spertyd verstryk Vrydag vir twee senior amptenare van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) om redes te verskaf hoekom hulle nié geskors moet word nie.

Adv. Nomgcobo Jiba
Adv. Lawrence Mrwebi

President Cyril Ramaphosa het die 10e Augustus as spertyd gestel vir adv. Nomgcobo Jiba,  adjunk-direkteur van openbare vervolging en adv. Lawrence Mrwebi, hoof van die gespesialiseerde handelsmisdaad-eenheid om te verduidelik waarom hulle in hulle poste moet aanbly.  

Jiba en Mrwebi is voorheen van die rol van advokate geskrap vir hulle hantering van aanklagte teen Richard Mdluli, voormalige hoof van misdaadintelligensie. Hulle status is egter deur die appèlhof herstel en albei het onlangs na die NVG teruggekeer.  Maar die algemene balieraad gaan die saak in die Konstitusionele hof betwis.  

Ramaphosa, het vroeër die maand in 'n verklaring gesê die aanklagte teen Jiba en Mrwebi is al jare lank in die openbare domein en ondanks regsgedinge is dit nog nie afgehandel nie. "Die uitsprake (oor Jiba en Mrwebi se optrede) deur verskeie lede van die regbank het die beeld van die NVG bederf. Dit moet behoorlik belug en gepak word."  

Meer oor:  Lawrence Mrwebi  |  Nomgcobo Jiba  |  Nvg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.