Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA ‘angstig’ om De Lille-saak af te handel
James Selfe, die voorsitter van die DA se federale uitvoerende raad. Foto: Morapedi Mashashe

Die DA se federale uitvoerende raad sê die vertraging in die hofsaak van Patricia de Lille, die burgemeester van Kaapstad, het geen impak op die party of die stad nie, hoewel hulle dit so spoedig moontlik agter die rug wil kry.

De Lille is tydelik in haar pos as burgemeester en as DA-raadslid heraangestel, hangende die uitspraak in haar hersieningsaansoek, wat Vrydag in die hooggeregshof in Kaapstad aangehoor sou word. Dié aansoek handel oor die proses wat die DA gebruik het om haar uit die party te skop.

Die saak sal nou op 4 en 5 Junie aangehoor word omdat die hooggeregshof meer tyd nodig het om voor te berei.

James Selfe, voorsitter van die DA se federale uitvoerende raad, sê die party se regspan het Woensdagmiddag ’n vergadering bygewoon met die regters, waarop voorgestel is dat die aangeleentheid uitgestel word sodat hulle meer tyd het om voor te berei in die lig van die ingewikkeldheid van die saak.

“Die rooster vir die saak was baie streng: albei kante het Woensdag steeds papiere ingedien,” het Selfe gesê.

Selfe het erken dat die DA angstig is om die saak so spoedig moontlik af te handel.

Meer oor:  Da  |  James Selfe  |  Patricia De ­Lille  |  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.