Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA doen dringende beroep op LUR oor DNS-uitslae
Bheki Cele Foto: SON

Die DA in Gauteng doen ’n beroep op Faith Mazibuko, Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, om Bheki Cele, minister van polisie, en Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, dringend te betrek oor die agterstand met die verwerking van 113 285 DNS- en 9 757 ballistiese verslae in Gauteng.

Luidens ’n verklaring van die DA het Mazibuko hierdie inligting in ’n mondelinge antwoord op die DA se vrae in die Gautengse wetgewer onthul.

Volgens Mazibuko is hierdie agterstande die gevolg van ’n tekort aan verbruiksgoedere, terwyl ses provinsies deur een laboratorium bedien word.

“Hoewel Mazibuko sê sy het geen idee wanneer hierdie agterstand uitgewis sal word en hoeveel hofsake weens die agterstand opgeskort word nie, het sy aangedui dat so ’n vraag eerder na die nasionale vervolgingsgesag verwys moet word,” sê Michael Shackleton, die DA se woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid in Gauteng, in die verklaring.

“Met ’n agterstand van hierdie omvang met DNS- en ballistiese verslae, sal daar ’n vertraging in vervolgings wees. Dit kan daartoe lei dat sake van die hofrol geskrap word omdat geen getuienis voor die hof kom nie.”

Pinkie Numa, Mazibuko se woordvoerder, het navrae na die Gautengse polisie verwys. Die polisie het teen druktyd nog nie op navrae gereageer nie.

Meer oor:  Bheki Cele  |  Gauteng  |  Polisie  |  Dns-Toetse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.