Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA, EFF bestook mekaar met twiets

’n Woordewisseling is Sondag tussen die DA en die EFF op Twitter ontlok oor John Steenhuisen, DA-hoofsweep, glo nie oor ’n tersiêre kwalifikasie beskik nie.

Die debakel het sy oorsprong in ’n berig oor die kwessie in die Sunday Times.

John Steenhuisen. Foto: Nasief Manie

Luidens die berig bestaan daar ’n kans dat Steenhuisen ná die 2019-verkiesing ’n DA-agterbanker in die parlement kan word as ’n voorstel van die DA in KwaZulu-Natal, sy tuisprovinsie, deur die Onafhanklike Kommissie vir die Vergoeding van Openbare Ampsdraers aanvaar word.

Die DA-koukus in dié provinsie het luidens die berig aanbeveel dat slegs LP’s met ’n universiteitsgraad vir die posisie van hoofsweep oorweeg word.

Mbuyiseni Ndlozi, EFF-woordvoerder, het op Twitter op die berig gereageer: “Madoda, DA-hoofsweep @jsteenhuisen het nie ’n post-matriekkwalifikasie nie? As dit ’n swart leier was, sou dié artikel selfs sy matriekuitslae gepubliseer het. Om sy stand as hoofsweep vir ’n ernstige wetgewende instelling soos die parlement te bevlek. #whiteprivilege.”

Steenhuisen het nie op hom laat wag nie en vinnig gereageer: “Vir al jul grade en kwalifikasies is julle steeds ’n klomp VBS-plunderaars en boewe – ek is seker diegene wat gely het weens jou party se gulsigheid en boewery is dit skrale troos om te weet jy het ’n graad terwyl julle hul verraai het.”

Floyd Shivambu, EFF-adjunkleier, het volgende sy stuiwer in die armbeurs gegooi: “So Steenhuisen het nie ’n graad, diploma, sertifikaat of enigiets nie? Sy vlakheid verduidelik die hele ding.”

Steenhuisen was weer vinnig met ’n reaksie: “Jou kwalifikasie het duidelik jou en jou reisgenote goed toegerus vir rasionele debat (om joernaliste te slaan) en VBS-plundery. Ek sal eerder sonder ’n graad en eerlik wees as om gekwalifiseerd en oneerlik te wees soos jy.”

Steenhuisen se verwysing na “VBS-plunderaars” het ’n paar weke gelede die gemoedere tussen die DA en die EFF hoog laat loop in die Nasionale Vergadering. EFF-LP’s het toe die DA “rassiste” genoem.

Shivambu word tans deur die parlement se komitee oor etiek en ledebelange ondersoek nadat hy vir Adrian de Kock, ’n Netwerk24-fotojoernalis, op die parlementêre perseel rondgestamp het.

Steenhuisen kon nie Sondag vir kommentaar bereik word nie.

Meer oor:  Mbuyiseni Ndlozi  |  John Steenhuisen  |  Floyd ­Shivambu  |  Eff  |  Politiek  |  Da  |  Sosiale Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.