Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA, EFF se verhoudings landwyd onder druk

Die mosie van wantroue wat die EFF teen Solly Msimanga, DA-burgemeester van Tshwane, wil bring, kan die wankelrige verhouding tussen die partye in ander stadsrade onder groter druk plaas.

Só sê Theo Venter, ’n politieke ontleder, nadat Julius Malema, EFF-leier, Donderdag dié aankondiging gedoen het.

Die DA het nie ’n volstrekte meerderheid om in Tshwane óf Johannesburg te regeer nie en het die steun van die EFF nodig om die twee metro’s te beheer.

Ons is besig om korrupsie te bestry en ons verbind onsself daartoe om die ondersoek oor die stadsbestuurder af te handel.

Malema sê die EFF gaan die mosie van wantroue bring oor bewerings dat Moeketsi Mosola, stadsbestuurder van Tshwane, ’n tender van R12 miljard onreëlmatig aan ’n ingenieursfirma toegeken het.

Msimanga sê hy het nie van die beweerde ongerymdhede geweet nie. Hy het die metroraad gevra om Mosola hangende ’n ondersoek te skors.

“Msimanga kan nie al die skuld op die stadsbestuurder pak nie. Hy moes daarvan geweet het,” het Malema gesê.

“Hy dien ook die belange van die wit mense in die DA en die EFF kan hom nie hiermee vereenselwig nie.”

Sam Mgobozi, Msimanga se woordvoerder, het die EFF uitgedaag om bewyse vir hul aantygings te lewer.

“Ons is besig om korrupsie te bestry en ons verbind onsself daartoe om die ondersoek oor die stadsbestuurder af te handel.”

Venter sê die EFF bring die mosie om sy spiere in die aanloop tot volgende jaar se nasionale verkiesing te bult.

“Hierdie is ’n politieke spel wat lelik in die EFF se gesig kan ontplof. Dit kan wys dat die EFF onbetroubaar is om mee saam te werk. Dit kan moontlike koalisies tussen die party en die DA in die toekoms versuur.”

Ralph Mathekga, ook ’n politieke ontleder, sê die EFF wil homself in die aanloop tot die nasionale verkiesing van die DA distansieer.

Malema het gesê politieke partye kan voorstelle aan die EFF stuur oor hul voorkeurkandidate vir die burgemeesterskap van Tshwane.

“Die volgende burgemeester kan dalk ’n lid van die ANC wees, maar dit is onwaarskynlik. As ons nie van enige kandidate hou nie, sal ons buite stemming bly.”

Hy is vol vertroue dat die EFF in 2019 ’n volstrekte meerderheid van die stemme sal kry om die metro alleen te regeer.

Meer oor:  Da  |  Eff  |  Solly Msimanga  |  Mosie Van Wantroue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.