Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA eis antwoorde oor afvaardiging na Genève

Die DA eis ’n verduideliking van die departement van werkskepping en arbeid oor waarom hy R3,5 miljoen bestee het sodat 35 afgevaardigdes ’n konferensie van die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO) kon bywoon.

Dít nadat Thulas Nxesi, minister van werkskepping en arbeid, in antwoord op ’n parlementêre vraag deur Michael Cardo, DA-LP, gesê het dat die afvaardiging van 10 tot 21 Junie na die konferensie in Genève, Switserland, toe is.

Die afvaardiging, van wie Nxesi deel was, het pres. Cyril Ramaphosa na die konferensie vergesel.

Ramaphosa is in Mei 2018 as die medevoorsitter van die IAO se kommissie oor die toekoms van werk in ’n veranderende wêreld aangewys.

Cardo het Woensdag in ’n verklaring gesê die DA gaan aan Nxesi skryf en ’n volledige verslag aanvra oor of die doelwitte van die reis bereik is, en om dit aan die parlementêre portefeuljekomitee oor werkskepping en arbeid voor te lê.

Die afvaardiging, van wie Nxesi deel was, het pres. Cyril Ramaphosa na die konferensie vergesel.

“Die DA en die publiek verdien om te weet wat die koste vir elk van die afgevaardigdes was, wat hulle bereik het, hoe hulle ’n bydrae gelewer het en hoe die departement die lesse wat uit die reis geleer is gaan toepas om die 10,2 miljoen werklose Suid-Afrikaners te help.”

Volgens Cardo was die gemiddelde koste per afgevaardigde sowat R100 000.

Hy sê as geen tasbare oplossings om werkloosheid te pak uit dié reis na Genève voortspruit nie, is dit niks anders as ’n “luukse vakansie” na een van die wêreld se duurste stede en ’n vermorsing van belastingbetalersgeld nie.

“Dit is ’n aanklag teen die nuutaangestelde minister van werkskepping en arbeid wat blykbaar die uitgawes goedgekeur het.”

Hy sê die publiek verdien om te weet waarom dit noodsaaklik was vir die departement om een van die grootste afvaardigings na Genève te stuur wat die Suid-Afrikaanse belastingbetalers miljoene rande gekos het.

“Te midde van ongekende vlakke van werkloosheid en ekonomiese stagnasie is kostebesparingsmaatreëls ’n noodsaaklikheid vir die regering. Die reis na Genève is moeilik om te regverdig,” lui die verklaring.

Meer oor:  Thulas Nxesi  |  Konferensie  |  Da
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.