Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA eis Hlophe se skorsing

John Steenhuisen, tussentydse leier van die DA, eis dat John Hlophe, die Wes-Kaapse regter-president, onmiddellik uit sy pos geskors word nadat sy adjunk hom by die Regterlike Dienskommissie (RDK) aangekla het.

John Steenhuisen Foto: Felix Dlangamandla

Steenhuisen sê die bewerings teen Hlophe bedreig die geloofwaardigheid en onafhanklikheid van die regbank.

Die DA glo daar is genoeg prima facie-bewyse om ’n skorsing te regverdig en die aantygings moet so gou moontlik ondersoek word.

Die omvattende klagstaat deur Patricia Goliath, adjunk-regter-president, waarin Hlophe van growwe wangedrag beskuldig word, is verlede week by die RDK ingedien.

Die bewerings sluit in nepotisme, verbale en fisieke mishandeling, viktimisering en intimidasie van regters, asook eensydige besluite om hofreëls te verander terwyl sy vrou, regter Gayaat Salie-Hlophe, voorkeurbehandeling kry.

Volgens Goliath meng Hlophe glo ook in wanneer sake aan regters toegewys word in ’n poging om die uitkoms van sake te beïnvloed.

Donker prentjie

Die jongste klagte teen Hlophe skets ’n donker prentjie van ’n verdeelde hof wat deur Hlophe en sy vrou gekaap is, het Steenhuisen bygevoeg.

“Hlophe het ’n lang en besmette geskiedenis van beweerde wangedrag, wat insluit die berugte klagte van 2008 van growwe wangedrag teen hom deur regters van die konstitusionele hof nadat hy glo verskeie regters genader het in ’n poging om die hof onbehoorlik te beïnvloed om ten gunste van die voormalige pres. Jacob Zuma te bevind.

“12 jaar later is Hlophe nog nie aanspreeklik gehou nie en is hy steeds aan die bewind van die Wes-Kaapse hooggeregshof waar hy sy gesag vir politieke gewin afdwing,” sê Steenhuisen.

Die DA glo Hlophe se invloed tydens die aanstelling van regters vir sensitiewe politieke sake in die Wes-Kaapse hooggeregshof is geen toeval nie.

“Dié inmenging is doelbewus om die uitslag van sulke sake te beïnvloed. Die Wes-Kaapse regering was verskeie kere aan die ontvangkant van twyfelagtige uitsprake, wat eers later op appèl omgekeer is,” sê Steenhuisen.

“Ons het gesien watter skade staatskaping op staatsinstellings gehad het. Dit is belangrik dat ons keer dat dieselfde met die regbank gebeur. Ons kan net ’n vooruitstrewende land bou as die regering versterk word en hul werk sonder vrees of vooroordeel doen.”

Meer oor:  John Hlophe  |  John Steenhuisen  |  Skorsing  |  Da
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.