Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA eis inligting oor Alexkor

Die DA eis die volle bekendmaking van alle inligting rondom die probleme by Alexkor en dat die “verkwisting” by dié entiteit in sy spore gestuit word.

Ghaleb Cachalia Foto: Rapport

Dié staatsbeheerde diamantmaatskappy van Suid-Afrika sowel as die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) was twee staatsentiteite wie se geldsake verlede jaar só benard was dat hulle nie soos wetgewing vereis hul jaarverslae en finansiële state by die parlement kon indien nie.

Ghaleb Cachalia, DA-LP, het Sondag in ’n verklaring gesê Alexkor se opgehoopte verliese beloop tans R173,6 miljoen.

Redes vir dié stand van sake sluit volgens hom in dat die maatskappy se personeelkostes van R68, 6 miljoen sy bruto wins van R57 miljoen oorskry. Dit is ondanks die feit dat 150 werkers in Junie 2019 afgelê is.

Die omgewingsrehabilitasieskuld beloop R203,9 miljoen.

Die vergoeding vir uitvoerende en nie-uitvoerende direkteurs beloop R9,4 miljoen per jaar.

Hy sê ondanks die feit dat diamantverkope van 41 941 eenhede na 70 061 eenhede in die jaar tot 31 Maart 2019 toegeneem het, het diamantverkope slegs R209, 9 miljoen bedra (in 2018 was dié syfer R208,7 miljoen).

Cachalia het daarop gewys dat Alexkor nie tans genoeg geld het om die skeidingspakkette van die 150 werkers wat afgelê is, te dek nie.

Die omgewingsrehabilitasieskuld beloop R203,9 miljoen.

’n Onafhanklike ouditeur het ’n afwysende ouditmening ten opsigte van die maatskappy uitgereik en was nie in staat om voldoende gepaste ouditbewyse te kry ten opsigte van Alexkor se finansiële status nie, aldus Cachalia.

“Hulle het ook opgemerk dat Alexkor vir Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, vir goedkeuring genader het om in sakeredding te gaan en kennis geneem dat daar verskeie voorvalle was waar die maatskappy roekeloos handel gedryf het,” lui die verklaring.

Die maatskappy ondersoek glo tans nuwe sakegeleenthede en het glo planne om die departement van openbare ondernemings en die nasionale tesourie te nader om Alexkor te herklassifiseer vanaf ’n maatskappy wat onderhewig is aan die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (PFMA) na een wat lenings toelaat.

Gordhan het glo ’n versoek afgekeur vir die magtiging om “Alexcoal” in Mpumalanga op die been te bring en het ’n lewensvatbaarheidstudie op waardetoevoeging op diamante op ys geplaas.

“Dit is net nog ’n voorbeeld van ’n mislukte staatsentiteit wat ’n las op die fiskus plaas met sy eise vir uitbreiding sonder enige vooruitsig van opbrengs.”

Alexkor se 2019-jaarverslag is steeds nie op sy webwerf beskikbaar nie.

“Die DA eis volle bekendmaking van alle relevante inligting en dat ’n einde gebring word aan dié verkwisting. As daar ooit ’n rede was waarom myne nooit genasionaliseer moet word nie, is dit Alexkor.”

Meer oor:  Da  |  Alexkor  |  Ghaleb Cachalia  |  Diamante
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.