Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA erg bekommerd oor slaagsyfer in Noord-Kaap

Die DA in die Noord-Kaap sê hy is diep bekommerd oor die drastiese agteruitgang in die provinsie se matriekslaagsyfer wat met 10,5% vanaf 2019 getuimel het.

Die nasionale slaagsyfer het met 5,1% van 81,3% in 2019 tot 76,2% in 2020 gedaal. Die slaagsyfer in die Noord-Kaap het egter van 76,5% in 2019 tot net 66% in 2020 ’n geweldige daling getoon.

“Ons erken dat 2020 ’n besondere uitdaging was, veral vir landelike gemeenskappe. Distrikte wat in die verlede die beste gevaar het, het enorme terugslae beleef,” sê Priscilla Isaacs, DA-woordvoerder oor onderwys in die Noord-Kaap.

Die slaagsyfer in die Namakwa-distrik en in die John Taolo Gaetsewe-streek het met onderskeidelik 11,3% en ’n kommerwekkende 17,8% gedaal.

Sy het gesê die provinsie is duidelik nie gereed vir elektroniese onderrigmetodes nie. “Die teenwoordigheid van ons onderwysers is steeds deurslaggewend vir leerlinge wat bo hul omstandighede moet uitstyg. Die spook van ontoereikende steun aan leerlinge wat bevorder is, loop steeds.”

Dr. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, het verlede jaar dié skool in Noupoort heropen het.

Slegs 25,4% van die bevorderde leerlinge het geslaag, in vergelyking met die 60% van bevorderde leerlinge in 2019.

“Ons moet kyk wat skeefgeloop het met vakke soos aardrykskunde, wetenskap en ekonomie, wat die provinsiale gemiddelde afgetrek het. Dat só min leerlinge slaag, en goed slaag, moet die waarskuwingsligte in die provinsiale onderwyssektor laat flikker.”

Isaacs het gesê wanbestuur van skooltoelatingsprosesse deur die provinsiale onderwysdepartement beteken dat die 2021- akademiese jaar te laat vir te veel leerlinge begin.

“Distrikte soos Frances Baard sal hul sokkies moet optrek wat skoolaansoeke betref.”

Nietemin is die party trots op die leerlinge wat wel met goeie uitslae geslaag het.

“Ons wens die leerlinge wat goeie matriekuitslae behaal het, geluk. Ons deel in die vreugde van hul families en vriende wat vandag die soete vrugte van jare se arbeid pluk. Ons wens julle alle sterkte toe met jul toekomsdrome en moedig die ongelukkige kandidate aan om van hermerkgeleenthede gebruik te maak. Moenie van ’n tydelike terugslag ’n permanente struikelblok maak nie.”

Meer oor:  Priscilla Isaacs  |  Da-Woordvoerder  |  Slaagsyfer  |  Noord-Kaap  |  Da  |  Matriekeksamen  |  Matrieks2020  |  Onderwys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.