Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA geskok oor Ace se bewerings oor vergiftiging

Die DA in die Vrystaat is geskok oor Ace Magashule, die provinsie se premier, se bewerings dat die voormalige stadsbestuurder van Dihlabeng vergiftig is.

Magashule het luidens ’n berig in die Sondagkoerant City Press Donderdag op Sandile Msibi se begrafnis beweer hy is vergiftig.

Ace Magashule, premier van die Vrystaat.Foto: Tebogo Letsie

Mbisi was die vorige stadsbestuurder van die Dihlabeng-munisipaliteit (Bethlehem, Paul Roux en Clarens) en later ook van die Mangaung-metro in Bloemfontein.

Die oorsaak van Msibi se dood is nog nie bekend nie.

Die DA se verklaring lui: “Die meester van vertoonpolitiek, premier Ace Magashule, kon nie die versoeking weerstaan om sulke ernstige bewerings op die mees onvanpaste plek en tyd te maak terwyl begrafnisgangers oor ’n geliefde rou nie.

“Die DA sal geskrewe vrae aan die kantoor van die premier stuur sodra die wetgewer weer open. Ons sal graag wil weet of ’n lykskouing gedoen is wat bevestig dat hy vergiftig is en of ’n moordklag by die polisie aanhangig gemaak is om te ondersoek.

“Bewerings van vergiftiging van individue wat binne die strukture van die staat werk, is baie ernstig en indien dit waar sou wees, het dit groot implikasies vir die integriteit van die staat en die vermoë van die regering om dienslewering te verseker.”

Magashule het volgens City Press in sy begrafnisrede gesê witmonopolie-kapitaal het jag op Msibi en sy medewerkers gemaak. Magashule het ook gesê hy het pres. Jacob Zuma genader vir hulp om Msibi vir behandeling na Rusland te neem. Hy is egter op 28 Desember, ’n dag voordat hy na Rusland sou vlieg, oorlede.

Meer oor:  Vergiftig  |  Ace Magashule  |  Mangaung
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.