Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA gooi wal oor gesprekke met UDM in Nelson Mandelabaai

Die DA sal nooit met korrupte individue saamwerk wat hul eie belang bo dié van die inwoners van Nelson Mandelabaai stel nie, het dié party Maandag weer bevestig.

Lance Grootboom
Lance Grootboom van die ACDP. Foto: Argief

Dit volg in die lig van talle vergaderings wat onlangs gehou is tussen die DA en ander politieke partye in die stryd om die beheer van die Nelson Mandelabaai-metro.

Volgens die DA sal dié party nooit beheer wil verkry ten koste van die kiesers nie.

’n Vergadering tussen die DA se tussentydse leier, John Steenhuisen, en die UDM se partyleier, Bantu Holomisa, oor die welstand van die metro, het verlede week die wenkbroue laat lig.

Dié vergadering het kiesers verbaas omdat die UDM se Mongameli Bobani en die DA se Athol Trollip (albei voormalige burgemeesters van die metro), in die verlede telkens in die openbaar koppe gestamp het.

Die twee partye se koalisievennootskap in Nelson Mandelabaai het ná die 2016-verkiesing gou versuur nadat Trollip vir Bobani (wat destyds sy onderburgemeester was), in die pad gesteek het.

Trollip het Bobani in die verlede openlik daarvan beskuldig dat hy “korrup” is.

Nqaba Bhanga, DA-leier in die Oos-Kaap, het Maandag daarop gewys dat die DA as deel van die koalisieregering in die metro bewys het hulle doen hul mandaat gestand om die inwoners te dien.

Hy meen die DA het ’n “gebroke” Nelson Mandelabaai in 2016 van ineenstorting gered toe hulle die leisels oorgeneem het.

Lance Grootboom van die ACDP sê dié party verwelkom die gesprekke tussen die DA en ander kleiner partye.

Hy sê met dienslewering wat agteruitgaan in die metro, en nadat die hooggeregshof in Makhanda onlangs die Makana-munisipaliteit ontbind het, word nuwe koalisies verwelkom.

Ons wil deel uitmaak van ’n span wat die stad vorentoe gaan neem. Ons is oop vir enige besprekings.

“Ons wil deel uitmaak van ’n span wat die stad vorentoe gaan neem. Ons is oop vir enige besprekings,” sê Grootboom.

Cope se Siya Sijadu sê die gesprekke tussen die DA en die UDM is ’n klap in die gesig van inwoners van Nelson Mandelabaai, en ’n belediging vir haar party.

Sy sê toe hulle (die partye wat saam met die DA in die regerende koalisie was) Bobani in 2017 as onderburgemeester onthef het, het hulle geweet dit is die regte besluit en gegrond op die regte beginsels.

“Bobani het later burgemeester geword deur die ANC, UF, AIC en die EFF. In net meer as ’n jaar aan die stuur het die sogenaamde swart koukus Bobani gesien vir die persoon wat hy werklik is.

“Dit gaan die verstand te bowe dat die DA selfs die gedagte oorweeg om weer saam met die UDM te regeer. Cope in Nelson Mandelabaai gaan dit nie aanvaar nie, selfs al beteken dit ons moet ons verhouding met ons koalisievennoot (die DA) heroorweeg,” sê Sijadu.

Volgens Holomisa vergader hy Dinsdag met leiers van die ANC in Johannesburg.

Meer oor:  Bantu Holomisa  |  John Steenhui­Sen  |  Nelson Mandelabaai  |  Port Elizabeth  |  Da  |  Udm  |  Koalisies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.