Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA herstel ná nederlae in tussenverkiesings

Die ANC sowel as die DA het Woensdag in tussenverkiesings wyke behou waaroor hulle in beheer was.

In die geval van die DA is dit in teenstelling met vorige tussenverkiesingsuitslae in verskeie streke ná die nasionale verkiesing in Mei 2019, waar die party steun verloor het.

Tydens Woensdag se tussenverkiesings het beide die ANC en DA wyke behou waaroor hulle voorheen in beheer was.Foto: Standard

Byvoorbeeld, in die tussenverkiesing in September het die DA se steun met 20 persentasiepunte gedaal in vier uit die vyf wyke wat hy behou het. Dit het veroorsaak dat hy twee wyke afgestaan het, een vir die ANC en een vir die VF Plus.

Met Woensdag se tussenverkiesing het die DA wyk 2 van die Blue Crane-munisipaliteit in die Oos-Kaap behou, met 53,45% van die stemme. In 2016 het hy 59% van die stemme ontvang.

In die tussenverkiesing in die Msunduzi-munisipaliteit, wat Pietermaritzburg insluit, het die DA sy wyk behou en het sy steun gegroei van 44% in 2016 tot 46,94%.

Solly Malatsi, DA-woordvoerder, sê die uitslae is bemoedigend.

“Ons hoop ons kan voortbou op dié momentum in die aanloop tot die volgende reeks tussenverkiesings.”

Die volgende tussenverkiesings is aanstaande week.

Intussen het die ANC gemengde uitslae gehad, met sy steun wat steeds sterk bly in die Oos-Kaap, maar lyk of dit afneem in KwaZulu-Natal.

Die party se steun bly rondom 94% in die wyk Ngqushwa in die Oos-Kaap en het met 20 persentasiepunte gestyg in Umzimvubu in die Oos-Kaap, van 76,15% in 2016 tot 96,61%.

In Umzumbe in KwaZulu-Natal het dit met byna 30 persentasiepunte gedaal van 89,23% in 2016 tot 60,74% Woensdag.

In Mpofana, ook in KwaZulu-Natal, het die ANC 13 persentasiepunte verloor vergeleke met 2016, van 53,29% tot 40,08%.

Die afname in steun was minder ooglopend in Kwadukuza, waar die partysteun van 59,18% tot 57,53% gedaal het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.