Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA het sy kiesers verloën, sê VF Plus

Die DA het sy kiesersbasis verloën deur sy steun aan die EFF se kandidate vir burgemeester en speaker van die Metsimaholo-munisipaliteit in die Vrystaat, wat nou deur die SAKP gelei gaan word.

Só sê Wouter Wessels, VF Plus-LP en onderleier in die Vrystaat, nadat die DA die benoeming van Arnoldi du Plooy, ’n DA-raadslid, geweier en toe die kandidate van die EFF vir burgemeester en speaker gesteun het.

Die VF Plus het Du Plooy benoem.

Intussen het die EFF ook die SAKP gekritiseer omdat dié party in koalisie met die ANC gegaan het om sodoende die burgemeesterspos te bekom vir dié munisipaliteit wat Sasolburg, Oranjeville en Deneysville bedien.

Wouter Wessels Foto: Mlungisi Louw

Metsimaholo het in November ’n tussenverkiesing gehou nadat die vorige raad, wat deur ’n koalisie geregeer is, deur die Vrystaatse regering ontbind is.

Lindiwe Tshongwe, wat volgens die EFF net tien stemme in haar wyk gekry het, is die nuwe burgemeester, terwyl die pos van speaker danksy die koalisie nou deur die ANC se Thabo Mabala beklee word.

Bheke Stofile, provinsiale sekretaris van die SAKP in die Vrystaat, sê hy kan nie sien waarom die EFF en ander partye nou voel die SAKP het sy kiesers in die steek gelaat deur saam met die ANC te werk nie.

Stofile sê die SAKP en ANC is ou alliansievennote en almal weet dit. Die SAKP het nie ’n probleem met die ANC nie, maar wel met individue wat die armes besteel.

Die SAKP wil danksy die posisie wat hy nou in die raad beklee, verseker dat die gemeenskap gedien word.

“Mense wat van die armes steel, moet tronk toe gaan,” sê Stofile. “Ons doelwit is om dienslewering te verbeter en ons kiesers stel nie belang in politiekery nie.”

Oor die DA se besluit om die EFF te steun, het Wessels gesê die VF Plus het geweier om die mandaat wat sy kiesers hom met die afgelope herverkiesing gegee het te verloën, terwyl die DA dit gedoen het.

Geen enkele party het ’n meerderheid setels bekom nie en dus moet verskillende partye saamwerk om ’n regering te vorm.

“Geen enkele party het ’n meerderheid setels bekom nie en dus moet verskillende partye saamwerk om ’n regering te vorm. Die VF Plus het tydens sy verkiesingsveldtog belowe hy sal in koalisie met ander partye gaan om die ANC uit die bewind te hou, maar dat die party ook nie die EFF se mag sal versterk nie.”

Die VF Plus se stemme het met nagenoeg 40% gestyg. Dit dui op kiesers se steun vir die VF Plus se standpunt in dié verband.

“Die VF Plus meen die EFF se mandaat en beleid sou tot nadeel van die mense van Metsimaholo wees en die VF Plus wou ook nie die ANC-kandidate ondersteun nie omdat die ANC reeds bewys het hy kan nie regeer nie.

Die VF Plus het toe eerder bedorwe stembriewe uitgebring, omdat daar nie buite stemming gebly mag word nie en geeneen van die partye se kandidate geskik is om die munisipaliteit doeltreffend te regeer nie.

Meer oor:  Wouter Wessels  |  Sakp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.