Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA in Jhb, Tshwane, Vaaldriehoek reg vir stemmery

’n Robuuste verkiesingsveldtog is aan die gang in die DA in aanloop tot die provinsiale leierskapverkiesing dié naweek vir Johannesburg, Tshwane en die Vaaldriehoek.

Meer as 450 afgevaardigdes gaan na verwagting die leierskapskongres Saterdag by die Turffontein-renbaan in Johannesburg bywoon.

Die top-8-leiers sal verkies word voor die party se provinsiale kongres op 18 November, sê Khumi Ramulifho, Johannesburgse streekvoorsitter.

Van die kandidate sluit in die Gautengse LUR vir ontwikkelingsbeplanning, Fumzi Ngobeni, wat as streekvoorsitter staan teen Heinrich Volmink (Gautengse LUR en lid van die provinsie se staande komitee oor openbare rekeninge).

Ramulifho self stel hom nie beskikbaar vir enige van die posisies nie. “Ek het vir vyf jaar gedien,” sê hy.

Mmusi Maimane. Foto: DAILY SUN

Mmusi Maimane, DA-leier, en die voorsitter van die federale raad, James Selfe, sal die kongres na verwagting Saterdag toespreek.

Fred Nel, Noord-Gautengse streekvoorsitter, het gesê meer as 220 afgevaardigdes sal Saterdag by Batter Boys in Montana byeenkom om hul top-12 te kies.

Net twee van die 12 posisies is onbestrede, het Nel gesê.

Ses kandidate het hulself beskikbaar gestel vir die posisie van Noord-Gautengse streekvoorsitter. Hulle is Themba Donacabe, Tlholohelo Mhlana, Leonard Sidimela en Abo Tau.

Nel het ook nie sy oog op enige van die beskikbare posisies nie, het hy gesê.

Die Midvaal- munisipale burgemeester, Bongani Baloyi, staan teen die speaker van die Midvaal-munisipalitieit en huidige voorsitter, Freddie Peters, vir sy pos.

Volgens Peters is al agt setels in dié streek bestrede en minstens 155 afgevaardigdes word by die stemmery verwag. Dié streek is in 2015 gestig en sluit drie munisipaliteite in – Midvaal, Lesedi en Emfuleni.

Die akkreditasieproses vir die stemmery is tans aan die gang, het die DA gesê.

Meer oor:  Da  |  Stemmery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.