Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA in Mthatha wil ontslae raak van burgemeester
Benewens die rommel in Mthatha se strate, sê die DA daar vloei ook rioolvuil in die strate.

Die DA het ’n mosie van wantroue teen Dumani Zozo, burgemeester van die King Sabata Dalindyebo (KSD)-munisipaliteit in die Oos-Kaap, ingedien.

Dumani Zozo, burgemeester van die King Sabata Dalindyebo-munisipaliteit in die Oos-Kaap. Foto: www.ksd.gov.za/

Raymond Knock, koukusleier van die DA in KSD, het die speaker gevra om binne 14 dae ’n spesiale raadsvergadering te hou sodat die mosie ter tafel gelê kan word, asook dat ’n geheim stemming plaasvind.

Sonwabo Mampoza, munisipale woordvoerder, het Vrydag bevestig die speaker se kantoor het die DA se versoek gekry, maar dit is nog onseker wanneer die mosie aangehoor sal word.

Nqaba Bhanga, die DA se premierskandidaat vir die Oos-Kaap, sê die wantrouemosie is ingedien nadat Zozo versuim het om iets te doen aan inwoners en munisipale werkers se bekommernisse. Dit het daartoe gelei dat die mense vertroue in Zozo verloor het.

Bhanga verwys na ’n staking van bykans drie weke lank deur lede van die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu) en die Independent Municipal and Allied Trade Union (Imatu). Dit het Mthatha in chaos gedompel.

“Mthatha, die ekonomiese kernpunt van die oostelike deel van die provinsie, is in ’n vuil oorlogsone omskep weens die ongevoelige houding van die mislukte ANC-regering en die gebrek aan leierskap van Dumani Zozo, burgemeester.”

Luidens die brief wat Knock by die speaker se kantoor ingedien het, het stakende munisipale werkers gevra dat Zozo verwyder word.

Die strate van Mthatha is vol rommel gelaat terwyl munisipale werkers van die King Sabata Dalindyebo-munisipaliteit gestaak het.

Hy sê Fikile Xasa, Oos-Kaapse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, se ondersoek van sowat drie maande lank na die sake van die KSD-munisipaliteit het ook gewys op Zozo se onvermoë om die munisipaliteit te lei.

’n Onlangse versoek van belanghebbendes in Mthatha om Zozo as burgemeester te verwyder, is volgens Knock ’n bewys dat die gemeenskap ook vertroue in sy leierskap verloor het.

Knock het bygevoeg Mthatha se vuil strate het ’n gesondheidsrisiko geword. Dit sal ’n negatiewe uitwerking op sowel inwoners as sakelui hê.

Mampoza het by navraag gesê die strate is Maandag onmiddellik skoongemaak nadat die munisipale staking afgelas is.

Hy sê ’n ooreenkoms is bereik nadat die munisipaliteit ingestem het om onder meer 100 tydelike werkers van die uitgebreide openbare werke-program (EPWP) in die huidige boekjaar permanent aan te stel, en die res van die tydelike werkers in die volgende boekjaar.

Meer oor:  Da  |  Mthatha  |  Burgemeester  |  Mosie Van Wantroue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.