Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA kan kontinuïteit in Vrystaatse wetgewer verseker
Wag, hier kom my vrou nou ook! Dit is waarskynlik wat Wouter Wessels, VF Plus-parlementslid, wil sê nadat dit bekend geraak het dat die VF Plus tien setels in die nasionale parlement gekry het. Wouter se vrou, Tammy is nr. sewe op die party se lys en kwalifiseer nou ook om 'n nasionale parlementslid te word. Tammy was tot voor die verkiesing ’n VF Plus-wetgewerlid in die Vrystaat.Foto: Netwerk24.
Tammy Wessels, Vrystaatse wetgewerlid, wat nou kwalifiseer om ’n nasionale parlementslid van die party te word nadat die VF Plus tien setels in die nasionale wetgewer verkry het.Foto: Verskaf

Die DA in die Vrystaatse wetgewer – met een setel meer sodat die party nou ses setels het – sal moet help om die kontinuïteit in die wetgewer te behou omdat vyf van sy ses lede wat wetgewer toe gaan ook voorheen daar was.

So sê dr. Roy Jankielsohn, wat tot voor die verkiesing DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse wetgewer was.

Van die 19 lede van die ANC, die regerende party, wat nou wetgewer toe gaan, was altesaam tien voorheen ook daar.

Dit beteken dat die ANC en DA gesamentlik 15 lede in die wetgewer gaan hê wat voorheen ook daar was.

Jankielsohn sê wat problematies gaan wees, is wanneer komiteevergaderings by die wetgewer gehou moet word.

“As die 11 kabinetsposte, waarby die pos van die premier ingesluit is, plus dié van die speaker, wat dan op 12 te staan kom, afgetrek word van die 19 ANC-lede, bly daar net sewe oor wat op komitees van die wetgewer kan dien. “Dít terwyl die opposisiepartye gesamentlik nou elf lede het.

“Dit gaan moeilik vir die ANC wees om altyd mense met ervaring by die komiteevergaderings te kan verseker as hulle so baie nuwe lede het.”

Jankielsohn sê daar moet eers nou weer ’n koukusvergadering gehou word om te besluit wie die leier van die DA-koukus in die wetgewer gaan wees.

Dit is nie outomaties hy nie.

Die DA wat nou ses, pleks van vyf setels in die Vrystaatse wetgewer het, sal steeds die amptelike opposisie in die Vrystaatse wetgewer bly.

Jankielsohn sê die DA lede in die Vrystaatse wetgewer bly dieselfde behalwe dat Karabo Khakhau as jong lid en jeugverteenwoordiger bykom.

Mmusi Maimane en Karabo Khakhau, die nuwe DA-wetgewerlid in die Vrystaat. Foto: Facebook
Karabo Khakhau, voormalige president van die studenteraad van die Universiteit van Kaapstad, wat die nuwe DA-wetgewerlid in die Vrystaat is.Foto: Facebook

Die ses van die DA sal dus hyself, Khaikau, David van Vuuren, James Letuka, Mariette Pittaway en Leona Kleynhans wees.

Jankielsohn sê die DA sal toesien dat met projekte soos Vredesuiwel en Ramkraal, asook die asbesdak-telprojek voortgegaan word.

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) gaan ook nuwelinge na die wetgewer stuur, omdat Kgotso Morapella uit die politiek tree en Madisa Makhesini, wat daar was, by hom as die provinsiale voorsitter oorneem. Maar die EFF het nou vier setels pleks van twee.

“Die ander drie sal dus almal nuwe lede wees.”

Makhesini het vir Netwerk 24 gesê sy sal eers Maandag kan sê wie die vier van die EFF is wat na die Vrystaatse wetgewer gaan.

Tammy Wessels, Vryheidsfront Plus (VF Plus)-wetgewerlid, wat waarskynlik nou na die nasionale parlement oorskuif nadat die party tien setels in die nasionale parlement verower het, sê dit is nog nie seker wie haar plek in die Vrystaatse wetgewer sal inneem as dit gebeur nie.

“Ons sal eers Maandagmiddag (môremiddag) ná ’n vergadering kan sê presies wat gaan gebeur.”

Wessels en haar man, Wouter, wat reeds ’n nasionale parlementslid van die VF Plus is, gaan waarskynlik die enigste egpaar van dié party word wat albei in die nasionale parlement dien.

Hulle sal waarskynlik ook die enigste egpaar van oorspronklik Bloemfontein wees wat albei in die nasionale parlement dien.

Jankielsohn sê die DA is reeds besig om ’n praktiese en positiewe alternatiewe plan tot regering en die bestuur van die Vrystaat op te stel, anders as dié van die ANC, omdat dit nie duidelik is wat die ANC vir die Vrystaat in gedagte het nie.

Dit is nie seker of daar ’n daadwerklike plan is nie.

Meer oor:  Roy Jankielsohn  |  Vrystaat  |  Da
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.