SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Politiek
DA-kandidate ‘positief oor veldtogte’
John Steenhuisen Foto: MELINDA STUURMAN

Met net enkele dae oor voordat die DA Sondag ’n tussentydse leier kies, is die twee kandidate vir die pos positief oor hul veldtogte.

John Steenhuisen, parlementêre leier, en Makashule Gana, lid van die Gautengse wetgewer, sal sake Sondag in Johannesburg uitspook vir die tussentydse leiersposisie op ’n buitengewone sitting van die party se federale raad, wat uit sowat 150 lede bestaan.

’n Nuwe tussentydse nasionale voorsitter sal ook op dieselfde sitting gekies word. Vier kandidate, dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou, Dharmesh Dhaya, raadslid van Oos-Londen, Khume Ramulifho, lid van die Gautengse wetgewer, en dr. Nomafrench Mbombo, Wes-Kaapse minister van gesondheid, het hul name in die hoed gegooi vir dié tussentydse pos.

Die poste is vakant ná verlede maand se bedanking van Mmusi Maimane en Athol Trollip as onderskeidelik DA-leier en nasionale voorsitter.

Bonginkosi Madikizela, Wes-Kaapse DA-leier, wat aanvanklik saam met Steenhuisen en Gana ook ’n kandidaat vir tussentydse leier was, het Maandag sy onttrekking uit die stryd aangekondig.

Hy het dié besluit geneem ná gesprekke met ’n aantal leiers en strukture en omdat hy op sy werk as provinsiale minister van vervoer en infrastruktuur wil konsentreer.

Makashule Gana Foto: RAPPORT

Steenhuisen, voormalige hoofsweep, wat kort ná Maimane se bedanking deur die DA-koukus tot parlementêre leier verkies is, was die eerste kandidaat wat sy belangstelling in die tussentydse leiersposisie aangekondig het.

Hy het Woensdag by navraag gesê hy is positief.

“Ek is vol vertroue dat dit wat ek in die veldtog aangebied het positief deur die afgevaardigdes ontvang is.

“Ek voel goed oor my kanse, maar aanvaar nooit enigiets as vanselfsprekend nie en laat nooit iets aan die toeval oor nie, so ek sal tot die bitter einde met my veldtog voortgaan,” het hy gesê.

Gana het op sy beurt gesê sy veldtog is “sterk” en hy is besig om sy doelwitte te bereik.

“Ek is bemoedig deur die syfers wat ek sien. Dit was ’n ondervinding,” het hy gesê.

Die suksesvolle kandidate sal die poste beklee tot die party se federale kongres, wat vir April geskeduleer is.

Meer oor:  Makashule Gana  |  John Steenhuisen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.