Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA: ‘Operasie Phakisa is nutteloos”

Die DA in die Oos-Kaap het voor Wêreldvisserydag Woensdag ’n ernstige beroep gedoen dat strenger wetgewing teen perlemoenstropery en onwettige visvangste ingestel word.

Vars perlemoen aan die Suid-Afrikaanse kus.

In ’n verklaring sê Andrew Whitfield van die DA dat Operasie Phasika, wat bedoel is om hierdie onwettige aktiwiteite te stuit, nutteloos is.

“Oorbevissing mergel die provinsie se kuslyn uit. Buitelandse vissersbote plunder ons vis en roei ons plaaslike visbevolkings uit. Dit het ’n regstreekse effek op ons plaaslike vissersbedryf, en beteken dat mense hul werk en hul inkomste verloor.

“ . . . met geen politieke wil om ons kuslyn te beveilig van hierdie eksploitasie nie, sal ons visbronne steeds uitgedun word.”

’n Internasionale natuurlewehandelsmoniteringsnetwerk, Traffic, het in September ’n verslag, “Empty Shells: An assessment of abalone poaching and trade in southern Africa” uitgereik. Daarin word gesê dat Suid-Afrika se kuslyn die afgelope 18 jaar van minstens 96 miljoen perlemoen gestroop is.

Traffic raam die verlies op sowat R628 miljoen per jaar.

Korrupsie in die departement van seevisserye ondermyn die groei in ’n sektor wat R6 miljard per jaar tot die nasionale ekonomie kan bydra, lui Whitfield se verklaring.

Hy het gesê die korrupsie in die departement voed die stropingsekonomie, veral die perlemoenstropery aan die Oos-Kaapse kuslyn. Dit ontneem ook wettige kleinskaalse vissery-operasies van ’n inkomste.

Die DA het gesê dit is noodsaaklik dat toegewysde “groen”-howe in gebiede wat onder die stropery deurloop dringend op die been gebring word.

“ ’n Uitgebreide herevaluasie van die vaardighede van die visserye se voldoeningsbeamptes en gereelde leefstyl-oudits op hulle, sal ook help om korrupsie hok te slaan en wetstoepassing te verbeter.

“Wat nodig is, is streng strafmaatreëls teen diegene wat die wet oortree. Ons sien te veel perlemoenstropers wat boetes kry of kort na hul inhegtenisneming vrygelaat word. Sonder ernstige gevangenisstraf sal ons bronne voortdurend geplunder word.”

Meer oor:  Da  |  Operasie Phakisa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.