Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA sal bly veg teen wysiging van Grondwet

Die DA sal aanhou veg teen die beoogde wysiging van art. 25 van die Grondwet om voorsiening te maak vir die onteiening van grond sonder vergoeding en sal selfs hof toe gaan daaroor.

Dr. Annelie Lotriet, DA-LP en voorsitter van die DA in die Vrystaat, Werner Horn, ook ’n DA-LP, en Rossouw Botes, DA-raadslid, op die Kerspartytjie vir bejaardes wat in die Fichardtpark-aftreeoord in Bloemfontein gehou is. Foto: Marietjie Gericke

Só het dr. Annelie Lotriet, DA-LP en die voorsitter van die DA in die Vrystaat, Saterdag op ’n Kerspartytjie vir bejaardes by die Fichardtpark-aftreeoord in Bloemfontein, gesê.

Dit was die tiende jaar dat Rossouw Botes, DA-raadslid vir wyk 25 in die Mangaung-metro, dié teepartytjie gehou het vir inwoners van dié aftree-oord en Rose-Aksie van Pellissier.

Lotriet het gesê omdat art. 25 vervat is in hoofstuk 2 van die Grondwet, wat handel oor die handves van menseregte, sal dit nie verander kan word nie.

Lotriet het gesê hoofstuk 2 sluit in die reg om eiendom te besit, die reg op vryheid van assosiasie en die reg op vryheid van spraak.

Lotriet wat deel is van die grondwetlike hersieningskomitee, sê hulle het 24 openbare sittings oor die grondkwessie en die voorgestelde wysiging van art. 25 gehou. By elke sessie het gemiddeld 100 mense gepraat. Dit kom neer op 2 400 mense.

Agterna is nog 700 000 skriftelike voorleggings oor die kwessie ontvang.

“In sowat 67% van die 700 000 skriftelike voorleggings sê mense hulle is gekant teen die wysiging van art. 25 van die Grondwet. Met die openbare sittings was die meeste van die 2 400 mense wat gepraat het, weer ten gunste van die verandering. As die twee bymekaar getel word, is die meeste mense egter gekant teen die wysiging van art. 25.”

Maar die ANC en EFF wil dit nie aanvaar nie. Hulle gaan voort om die wysiging van art. 25 te probeer deur stoomroller, sê sy.

Die regte prosedures word volgens haar nie gevolg nie.

Inwoners van die Fichardtpark-aftreeoord smul aan lekker koek by die Kerspartytjie. Foto: Marietjie Gericke

“Donderdag moet ons na die betrokke komitee se aanbevelings hieroor kyk, terwyl ons sê dat ons nog nie eens kans gehad het om na verslae te kyk nie. As DA sal ons deurentyd beswaar maak.”

Lotriet meen dit is niks anders nie as ’n “verkiesingsfoefie“ van die ANC en EFF. Dié twee partye wil vir hul ondersteuners sê om vir hulle te stem “want kyk wat kan ons regkry”.

Lotriet sê die ANC wil nou voorgee dat hy net art. 25 wil omskryf om dit duideliker te maak. Die party is vaag oor presies hoe en wat hulle gaan doen. “Dit is onsin, want die proses moet deur wetgewing hanteer word. Die ANC is besig om bont te praat.”

Die DA is wel ten gunste van behoorlike grondhervorming en dink die nodige geld moet daarvoor beskikbaar gestel word.

“Tot nou toe het die ANC meer geld bestee aan die beskerming van Baie Belangrike Persone (BBP)’s as aan grondhervorming.

“Die wysiging van art. 25 is ’n simptoom van die probleem dat die ANC die afgelope 24 jaar van sy bewind nie met grondhervorming kon slaag nie.”

Sy sê as grondhervorming geslaag het, was dit nie nou nodig om die Grondwet te wil verander nie. Dit is “ongrondwetlik en skend menseregte”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.