Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA sê ‘honderde’ Good-lede loop Sondag na hóm oor

’n Aankondiging deur die DA dat “honderde” lede van Patricia de Lille se Good-party Sondag na hom gaan oorloop, is niks anders as ’n “dom reklamefoefie” voor drie Kaapse tussenverkiesings nie.

Talle lede van Patricia de Lille se Good-party gaan glo Sondag oorloop na die DA. Foto: Daily Sun

Só het Brett Herron, sekretaris-generaal van Good, Vrydagmiddag gereageer nadat die Wes-Kaapse DA in ’n verklaring met fanfare aangekondig het dat hy Sondag die Good-lede in sy midde sal verwelkom.

Die lede sal luidens die verklaring Sondagmiddag by die Leonsdale-gemeenskapsaal in Elsiesrivier deur Bonginkosi Madikizela, Wes-Kaapse DA-leier, sowel as Albert Fritz, provinsiale adjunk-DA-leier, en Grant Twigg, DA-voorsitter in die metro, en ander provinsiale en metro-leiers verwelkom word.

Luidens die verklaring sal Madikizela die lede Sondag amptelik op ’n nuuskonferensie verwelkom waartydens die oorlopers glo ook hul DA-lidmaatskapskaarte sal ontvang.

Herron het egter ontken dat dit Good-lede is wat na die DA gaan oorloop.

“Ons het in die laaste verkiesingsveldtog derduisende Good-T-hemde uitgedeel. Daarom kan enigiemand wat in besit daarvan is, beweer dat hulle Good-lede is.

“Die realiteit is dat ons tans besig is om Good-takke in wyke landwyd te bou en te begin, en ek weet nie wie die mense is wat na die DA wil oorloop nie.”

Volgens Herron is dit egter ironies dat die DA Sondag die sogenaamde Good-lede gaan verwelkom kort voor drie tussenverkiesings in die Wes-Kaap volgende week, waaraan Good ook gaan deelneem.

Ons gaan ons egter nie van stryk laat bring nie, omdat ons daagliks nuwe takke in Kaapstad begin.

“Dit lyk daarom vir ons na ’n dom reklamefoefie. Ons weet nie of dit Good-lede is nie en weet nie waarom die DA so ’n groot ophef daarvan wil maak nie. Dit maak nie sin nie.

“Ons gaan ons egter nie van stryk laat bring nie, omdat ons daagliks nuwe takke in Kaapstad begin. Die DA is besig om dom speletjies te speel terwyl hy steun in tussenverkiesings bly verloor. Ons is tans besig met ons voorbereidings vir tussenverkiesings en die komende munisipale verkiesings van 2021,” het Herron bygevoeg.

* Die DA het vroeër aangekondig dat hy die komende Woensdag aan al drie tussenverkiesings, twee in die Stad Kaapstad en een in die Matzikama-munisipaliteit (Vredendal), sal deelneem.

Meer oor:  Da  |  Good  |  Patricia De Lille  |  Albert Fritz  |  Bonginkosi Madikizela  |  Grant Twigg  |  Brett Herron  |  Wes-Kaap  |  Tussenverkiesings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.