Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA se klag teen Dlamini ingedien

’n DA-LP het Vrydag strafregtelike klagte in verband met die voorkoming en bestryding van korrupsie ingedien teen Bathabile Dlamini, wat Dinsdag as ANC-LP bedank het.

Dit kom nadat Dlamini, voormalige minister van maatskaplike ontwikkeling en vrouesake in die presidensie, in haar bedankingsbrief gesê het “sommige (ANC-lede) se vroue” het voordeel getrek uit ’n kontrak met Cash Paymaster Services (CPS). CPS het die kontantuitbetalings van maatskaplike toelaes hanteer.

Bridget Masango, DA-woordvoerder oor maatskaplike ontwikkeling in die parlement, het Vrydagoggend die klag teen Dlamini by die Kaapstad-Sentraal-polisiekantoor ingedien.

Volgens Masango moet enigiemand in ’n gesagsposisie wat korrupsie vermoed of daarvan weet, ingevolge art. 34 van die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede dit by die polisie aanmeld en is dit ’n oortreding om dit nie te doen nie.

Bridget Masango, DA woordvoerder oor maatskaplike ontwikkeling in die parlement, spreek die media Vrydag buite die Kaapstad-Sentraal-polisiekantoor toe nadat sy klagte teen Bathabile Dlamini, oudminister, ingedien het. Foto: Verskaf (DA)
Bathabile Dlamini, oudminister van maatskaplike ontwikkeling en voormalige ANC-LP. Foto: Charl Devenish
Bridget Masango, DA-LP, dien Vrydag ’n klag in teen Bathabile Dlamini, voormalige minister.Foto: Verskaf (DA)

Masango sê in ’n verklaring Dlamini het in haar brief aangedui dat “[diegene] wat munt uit CPS geslaan het, bekend is, maar omdat hulle aansien in die organisasie geniet, word niks vir hulle gesê nie”.

Sy het ’n beroep gedoen dat die oudminister verantwoordbaar gehou moet word.

“Die polisie moet nou besluit hoe om teenoor die oudminister op te tree en haar sonder partydigheid ondersoek.”

Dlamini het Dinsdag met haar bedanking as ANC-LP volgehou dat sy die “sondebok” gemaak is in die omstredenheid oor die uitbetaling van maatskaplike toelaes.

https://www.netwerk24.com/Nuus/Politiek/bathabile-ek-is-die-sondebok-gemaak-20190611

Volgens Dlamini het CPS reeds vir die departement van maatskaplike ontwikkeling werk gedoen toe sy die minister geword het, maar daar word gepraat asof sy “iets te doen gehad het” daarmee.

“Ek is die sondebok en maklike teiken gemaak,” het sy gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.