Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA sê waarom hy saam met ANC teen Bitou-hoë stem

Die DA in Bitou (Plettenbergbaai) sê hy het as ’n beginselsaak besluit om saam met die ANC te stem in ’n mosie van wantroue om die burgemeester, Peter Lobese, uit sy amp te verwyder.

Die mosie teen Lobese het op 16 April geslaag. Luidens ’n verklaring word Lobese geïmpliseer by aanklagte van bedrog en korrupsie, en is die DA saam met Bitou se inwoners bly dat die mosie suksesvol was.

Peter Lobese Foto: Verskaf

Voor dit het die DA ’n geheime dokument van die ANC-koukus onderskep waarin dié party die ware rede vir die mosie van wantroue gee. Hoewel die DA die dokument lank voor die mosie gesien het, is ingestem om die burgemeester uit beginsel te verwyder omdat dit die ANC se ware kleure in die saak sal wys.

In die dokument verwys die ANC na pres. Cyril Ramaphosa se beroep op die party se leierskap wat by korrupsie geïmpliseer word om opsy te staan. Lobese word spesifiek in hierdie dokument genoem.

Ondanks pogings van die DA en Anton Bredell, Wes-Kaapse LUR van plaaslike regering, om die Bitou-munisipaliteit onder administrasie te plaas, het Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, tot nou toe geweier om haar vereiste toestemming te gee.

Volgens die DA hoop hy dat die dokument haar finaal met geen keuse sal laat nie.

Behalwe vir die bewyse in twee forensiese ondersoeke en die klagte wat deur die DA in Bitou by die Valke aanhangig gemaak is, het die party onlangs vaste en onweerlegbare bewyse bekom wat daarop dui dat raadslede van die ANC en die Active United Front (AUF), asook hul kaders wat in alle vlakke van die administrasie ontplooi is, by ’n groot verskeidenheid korrupte skemas gebaat het.

Die bewyse is aan verskeie bronne voorgelê, wat die DA in die verklaring sê binnekort bekend gemaak sal word. Die DA is besig om strafregtelike aanklagte teen alle ANC- en AUF-raadslede, sowel as geïmpliseerde amptenare aanhangig te maak en lewenstyloudits sal op die regte tyd deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID gedoen word.

Meer oor:  Peter Lobese  |  Bitou  |  Anc  |  Burgemeester
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.