Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA soek antwoorde oor afgedankte SA gesant in Japan

Die DA sê hy het briewe aan Ayanda Dlodlo, minister van staatsveiligheid, en dr. Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco), geskryf om uit te vind wat geword het van die oudspioen Thulani Dlomo, ’n groot vertroueling van oudpres. Jacob Zuma.

Thulani Dhlomo

Dlomo is in Januarie vanjaar deur pres. Cyril Ramaphosa herroep as Suid-Afrika se ambassadeur in Tokio, Japan.

Hy het sedertdien “verdwyn”.

Darren Bergman, die DA se woordvoerder oor internasionale betrekkinge en samewerking, het Donderdag in ’n verklaring gesê dit is dringend dat die twee bogenoemde departemente sê of hy nog in hul diens is.

Clayson Monyela, woordvoerder van Dirco, het by navraag aan Netwerk24 gesê Dlomo is nie meer ’n ambassadeur nie en daarom nie meer ’n werknemer van Dirco nie.

Die staatsveiligheidsagentskap het nog nie gereageer op ’n versoek om kommentaar nie.

Bergman sê gegewe die menigte beweringe teen Dlomo en sy moontlike rol in staatskaping het die publiek die reg om te weet waar hy is en of hy nog ’n werknemer van die staat is.

“Dit kan nie wees dat iemand met sulke nabye bande met staatskaping en die manipulering van staatsmasjinerie moontlik steeds ’n staatsalaris ontvang terwyl hy sy verantwoordelikhede ontwyk nie.”

Bergman wys in sy verklaring daarop dat Dlomo in 2012 inderhaas uit sy pos as veiligheidshoof van die KwaZulu-Natalse departement van gemeenskapsontwikkeling bedank het nadat ’n forensiese verslag gewys het hy het ’n gunsloon van sowat R1 miljoen ontvang vir R45 miljoen se tenders.

Hy is toe na die staatsveiligheidsagentskap.

Bergman sê Dlomo is die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping en die howe ’n antwoord verskuldig.

“Daar is baie onbeantwoorde vrae,” sê Bergman.

Die DA sal seker maak nie ’n sent van belastingbetalers se geld word gebruik om Dlomo in diens te hou nie, sê hy.

Meer oor:  Da  |  Ayanda Dlodlo  |  Jacob Zuma  |  Naledi Pandor  |  Thulani Dlomo  |  Pres. Cyril Ramaphosa  |  Japan  |  Afgedank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.