Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA soek antwoorde oor ‘haglike’ erfenisterreine in Gauteng

Die DA soek antwoorde en eis ’n dringende oudit van die Gautengse departement van sport, kultuur en ontspanning oor die “haglike toestand” van erfenisterreine in die provinsie.

“Mbali Hlophe, Gautengse LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanning, moet verantwoordelik gehou word vir die haglike toestand van ons erfenisterreine. Die DA het vrae aan hom gerig om te bepaal hoe die begrotingstoekenning vir erfenisterreine bestee word en om te vra wanneer die departement laas ’n oudit gedoen het oor die stand van ons erfenisterreine in Gauteng. Ons versoek die LUR om hierdie oudit dringend uit te voer,” sê Lebo More, DA-wetgewerlid en die party se woordvoerder oor sport, kuns, kultuur en ontspanning in Gauteng, in ’n verklaring.

Volgens More is die provinsie se erfenisterreine in ’n “toestand van verval”, terwyl daar jaarliks “miljoene rande” vir die instandhouding daarvan toegeken word.

“Terwyl die land Erfenismaand vier, is daar niks in Gauteng om te vier nie omdat verskeie plekke wat waardig is om bewaar te word net ’n skadu van hul vorige self is.”

Mbali Hlop
Mbali Hlophe, Gautengse LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanning. Foto: Daily Sun

More het na verskeie erfenisterreine verwys wat volgens hom nou net “ ’n skande en belediging vir ons erfenis is”, soos die Solomon Mahlangu-plein in Mamelodi, oos van Pretoria, oudpres. Nelson Mandela se huis in Alexandra, die Mamelodi-rondawels wat eens ’n kollege was waar emeritusaartsbiskop Desmond Tutu studeer het, en die Wieg van die Mensdom.

Volgens More is die bronsbeeld van Solomon Mahlangu in ’n “aaklige toestand”, die dekoratiewe plate aan die onderkant van die standbeeld is afgeruk, die omheining gestroop en rommel lê oral.

“Die stank van urine en menslike ontlasting hang oor die terrein,” sê More.

Die Mamelodi-rondawels is in 2019 in ’n brand beskadig en steeds nie gerestoureer nie.

“Inteendeel, dit is toegelaat om te verval.

“Die internasionale ikoon Nelson Mandela se huis in Alexandra, ’n erfenisterrein wat die Gautengse provinsiale regering beloof het om te omskep in ’n museum, is verlate en gelos om agteruit te gaan.

“Die Magaliesberg se prentjie-agtige landskap in Hartbeespoort is vernietig deur onwettige houtkappers.”

More sê ook dat die riviere wat deur die Wieg van die Mensdom vloei, besoedel is, maar dat Mogale City nie optree nie.

* Die Gautengse department is genader vir kommentaar, maar het nog nie reageer nie.

Meer oor:  Erfenisterreine  |  Mbali Hlophe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.