Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA steun nie mosie teen Cyril

Die ATM-party se mosie van wantroue teen pres. Cyril Ramaphosa het ’n knou gekry nog voordat dit in die parlement gedebatteer kan word.

Die DA, die amptelike opposisie in die nasionale vergadering (NV), het Vrydag gesê hy gaan nie die mosie steun wanneer dit volgende Donderdag gedebatteer en daaroor gestem gaan word nie.

Thandi Modise, speaker van die NV, het Donderdag gesê sy het die versoek van ATM, wat net twee LP’s het, vir so mosie van wantroue goedgekeur.

Siviwe Gwarube, die DA se nasionale woordvoerder, het Vrydag gesê die DA sal nie die mosie steun nie “omdat ons glo dat ATM net ’n mondstuk vir die Zuma/Magashule-faksie in die ANC is en dat die mosie nie opreg is nie”.

Ons weier egter om hierdie ANC-binnegevegte te legitimiseer deur die mosie van wantroue te steun.

Die DA meen nie die mosie hou verband met die stand van sake in die land of Ramaphosa se vermoë of onvermoë om Suid-Afrika in die regtig rigting te bestuur nie.

Volgens Gwarube is die DA deeglik bewus van die probleme wat met die Ramaphosa-presidentskap gepaardgaan “soos die feit dat hy nie die swak ekonomie kan regruk nie, dat baie meer mense tans werkloos is en dat hy nie die situasie kon omkeer nie.

“Ons weier egter om hierdie ANC-binnegevegte te legitimiseer deur die mosie van wantroue te steun,” sê sy.

Intussen het Modise ook deur Moloto Mothapo, die parlementêre woordvoerder, bekend gemaak dat daar nie Donderdag in die geheim vir die mosie gestem sal word nie. Die ATM het ’n geheime stemproses gevra.

“Die konstitusionele hof het aangedui dat ’n geheime stemmery benodig word waar die heersende atmosfeer toksies of hoogs spannend is. Die speaker het bevind dat die ATM in sy motivering vir sy versoek nie enige bewyse van ’n hoogs spannende atmosfeer of intimidasie van enige LP’s ingedien het nie.”

Vuyolwethu Zungula, ATM-president, het Vrydag egter vir Modise tot Maandag gegee om haar besluit oor die geheime stemmery dringend te hersien.

“Indien nie, sal die ATM geen ander keuse hê as om ander regsmiddele tot sy beskikking te gebruik nie,” het Zungula in ’n brief aan Modise gedreig.

Hy voer in die brief aan dat daar voldoende bewyse is dat die atmosfeer toksies is omdat dit “openbare kennis is dat sommige ANC-lede nie langer Ramaphosa se presidentskap steun nie”.

“Die onlangse faksiegevegte in die ANC is te veel om hier te lys, maar die kritieke een is toe ’n ANC T-hemp met pres. Ramaphosa se gesig daarop aan die brand gesteek is.”

Die ATM verwys hiermee na die optrede van die ondersteuners van Magashule wat dit tydens sy onlangse hofverskyning weens aanklagte van korrupsie in Bloemfontein gedoen het.

Die onlangse faksiegevegte in die ANC is te veel om hier te lys, maar die kritieke een is toe ’n ANC T-hemp met pres. Ramaphosa se gesig daarop aan die brand gesteek is.

Zungula skryf verder dat die “onlangs aangekondigde nasionale hoofraadsvergadering van die ANC (wat volgende jaar gehou word) beteken dat lede van die nasionale uitvoerende gesag van die ANC ernstige evaluering in die gesig staar”.

“ ’n Openlike stemproses kan die hand van sommige (ANC-)LP’s wys en dit kan hulle voor die genoemde hoofraadsvergadering aan ernstige gevolge blootstel.”

Volgens Zungula is daar dus geen rasionaal vir ’n oop stemproses nie omdat “die omgewing wemel van ’n vlak van toksisiteit wat vir almal duidelik is”.

Meer oor:  Mosie Van Wantroue  |  Cyril Ramaphosa  |  Atm
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.