Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA stippel uit hoe hy bevelsraad wil takel

Die DA sê hy verwelkom die konstitusionele hof se besluit om die party se betoë te oorweeg in sy aansoek om direkte toegang tot die hof om die Wet op Rampbestuur te betwis.

Pres. Cyril Ramaphosa en Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering, staan die DA se versoek om direkte toegang teen.

John SteenhuisenFoto: Elizabeth Sejake

John Steenhuisen, tussentydse leier van die DA, sê in ’n verklaring Ramaphosa en Dlamini-Zuma probeer die antwoord op die vraag of die nasionale koronavirus-bevelsraad wettiglik saamgestel is, vertraag.

Die DA het tot 5 Junie om sy motivering vir direkte toegang aan die konstitusionele hof voor te lê. Die president en Dlamini-Zuma sal tot 12 Junie gegun word om te sê hoekom die party nie toegang gegun moet word nie.

Steenhuisen sê intussen word Suid-Afrikaners se lot deur die bevelsraad bepaal. Die DA beskou die bevelsraad as ’n geheime raad waarvan die wettigheid bevraagteken word.

“Die regering gebruik effektief die wetgewende rol en veronagsaam die skeiding van magte, wat die grondslag van ’n grondwetlike demokrasie is. Dit is eenvoudig nie in die beste belang van die land nie.

“As die Wet op Rampbestuur nie voldoen aan die Grondwet nie beteken dit dat die besluite van die bevelsraad ongeldig is.

“Dit sal die weg open vir groter rasionaliteit en aanspreeklikheid in die bestuur van hierdie pandemie en die toekoms van die landsekonomie.”

Steenhuisen sê die bevelsraad se besluite het tot op hede tot een van die wêreld se langste en mees irrasionele inperkings gelei.

“Dit het miljoene werksgeleenthede en lewens verwoes, duisende ondernemings vernietig en miljarde rande in belastinginkomste vermors, sonder om beheer oor die verspreiding van die virus uit te oefen.

“Dit het ’n gesondheids- en ekonomiese ramp tot gevolg gehad wat misdadigers van ordentlike mense gemaak het,” sê Steenhuisen.

Indien die DA direkte toegang tot die konstitusionele hof geweier word, “sal ons die Wet op Rampbestuur in die hooggeregshof betwis. Dit sal ruimte bied vir appèl op die bevindings van die hooggeregshof,” sê Steenhuisen.

Meer oor:  Da  |  Wet Op Rampbestuur  |  Aansoek  |  Konstitusionele Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.