Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA vaar uit teen ‘wanordelike’ ANC-lede in Jhb-metro

Die DA in Johannesburg het Vrydag sy misnoeë uitgespreek oor die “wanordelike” gedrag van ANC-raadslede wat vir die tweede agtereenvolgende dag die vergadering van die Johannesburgse metroraad ontwrig het.

Tsepo Mhlongo, die DA se streeksvoorsitter, sê die ANC het weer probeer om ’n mosie van wantroue in Herman Mashaba, burgemeester, in te dien, wat weer misluk het.

“Die verrigtinge het vanoggend (Vrydagoggend) weer tot ’n stilstand gekom ná gister se verskeie onderbrekings deur wanordelike ANC-raadslede.”

Die ANC-raadslede wil hê Vasco da Gama, speaker, moet weer ’n mosie van wantroue teen Mashaba op die agenda plaas.

Donderdag het ANC-raadslede ’n Zoeloe-liedjie in die raadsaal gesing, glo gemik op Mashaba, met onder meer die woorde “shaya ivolovolo”. Losweg vertaal, beteken dit “gebruik die rewolwer”.

Jolidee Matongo, ANC-streekwoordvoerder, het die woorde van die liedjie as onbelangrik afgemaak. “Comrades van die ANC sal liedjies sing wat hulle gedurende apartheid gesing het. As mense ons na die gelykheidshof toe wil sleep, sal ons dit verduidelik. Dit moet binne konteks gesien word.”

Matongo het teen die DA uitgevaar omdat hulle die ANC gestuit het om ’n mosie van wantroue teen die burgemeester in te dien, terwyl die ANC dit duidelik gemaak het dat hy dit op die September-raadsvergadering gaan indien.

Op die vergadering op 22 Augustus het die ANC sy mosie teen Mashaba onttrek.

Vir die mosie om te slaag sal die ANC 136 van die raad se 270 lede se stemme nodig hê. Die ANC het 122 setels en die DA en EFF onderskeidelik 103 en 30. Die IVP het vyf setels en die VF Plus een.

Meer oor:  Johannesburgse Metroraad  |  Tsepo Mhlongo  |  Da  |  Anc-Raadslede  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.