Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA verkry regsadvies oor magte van provinsiale leiers

Tweespalt in die DA se nasionale leierskap het daartoe gelei dat ’n voorstel wat dit vir sy provinsiale leiers moontlik sal maak om heeltyds te dien in ’n paneel wat nasionale LP’s en provinsiale LPW’s verkies vir regsadvies verwys is.

Mmusi Maimane, DA-leier, het Sondag in Johannesburg ná ’n tweedaagse vergadering van sy party se federale raad ook bekend gemaak die DA se federale regskommissie is intussen hersaamgestel.

Mmusi MaimaneFoto: DAILY SUN

Dit volg nadat die hooggeregshof in Kaapstad verlede maand bevind het die federale regskommissie was nie reg saamgestel nie en dat die besluit om Patricia de Lille, Kaapstadse burgemeester, se partylidmaatskap te beëindig daarom nie ’n toets van regverdigheid kon slaag nie.

Volgens Maimane is adv. Glynnis Breytenbach, DA-LP, steeds voorsitter van die regskommissie, maar die federale raad het ’n lys van ander lede daarvoor goedgekeur.

Intussen het die Sunday Times Sondag berig James Selfe, voorsitter van die DA se federale raad, het die voorstel vir wysigings aan die party se regulasies vir die benoeming van kandidate gemaak. Sy teenstaanders het dit glo beskou as ’n poging om steun vir homself te werf by provinsiale leiers om ’n beweerde mosie van wantroue in hom te oorleef. Dié mosie is glo weens sy hantering van die party se regstryd met De Lille.

Selfe was nie Sondag beskikbaar vir kommentaar daarop nie.

Solly Malatsi, DA-woordvoerder, het gesê “daar is absoluut geen mosie van wantroue in Selfe op die raadsvergadering bespreek nie”.

’n Hooggeplaaste DA-bron het die gerugte van ’n mosie van wantroue teen Selfe ook afgemaak as “onsin” wat “versprei word deur ’n groep in die DA wat groot probleme vir die party veroorsaak”.

“Dit is dieselfde groep na wie De Lille verwys as die ‘white boys club’, wat vroeër ’n probleem gehad het met die diversiteitsklousule en met Maimane toe hy oor wit privilegie gepraat het,” sê die bron.

Maimane self het gesê die voorgestelde wysigings het “gesonde interne debat” ontlok.

Dit is waar die twis ontstaan en regsadvies aangevra is. Ons verwag dat daardie proses binne twee weke afgehandel sal word.
John Moodey

Volgens hom is ’n subkomitee aangestel om daarmee te handel wat aanbeveel het dat regsadvies daaroor ingewin word. “Tot hierdie proses afgehandel is, sal provinsiale leiers nie in keuringspanele dien nie,” het Maimane gesê.

John Moodey, DA-leier in Gauteng, het Sondag bygevoeg provinsiale leiers was voorheen deel van die keuringspanele, maar dat sommige mense in die party meen dit is teenstrydig met die DA-grondwet.

“Dit is waar die twis ontstaan en regsadvies aangevra is. Ons verwag dat daardie proses binne twee weke afgehandel sal word.

“Die federale raad het ook besluit alle provinsies moet teen 18 Augustus 2018 hul prosesse vir premierskandidate afhandel. Die sperdatum vir aansoeke vir kandidate is tot einde Julie verleng.”

Die raad het ook die party se verkiesingsveldtog vir 2019 bekragtig en benadruk dat die party hard moet werk om die Wes-Kaap te behou en om die grootste party in Gauteng en die Noord-Kaap te word.

Oor die huidige stygende lewenskoste in Suid-Afrika het die DA ook voorgestel dat die Padongelukkefondsheffing verminder moet word om onmiddellike verligting aan verbruikers te verskaf, terwyl die brandstofbelasting stelselmatig tot billike vlakke verlaag moet word om druk op kos- en vervoerpryse te verlig.

Maimane het ook erken dat koalisieregerings “moeilik en gekompliseerd” is. Hy meen egter koalisies is die toekoms van Suid-Afrikaanse politiek, maar dat die beginsels van koalisiepartye ten alle tye beskerm moet word.

Meer oor:  Glynnis Breytenbach  |  James Selfe  |  Mmusi Maimane  |  Politiek  |  Regsadvies  |  Da
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.