Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA: ‘Verlenging van ramptoestand net om te plunder’

Die verlenging van die nasionale ramptoestand tot 15 Oktober is “net nog ’n poging deur ’n outokratiese regering om aan sy diktatoriese magte vas te klou en te plunder wat oor is van verligtingsfinansiering”.

So het Haniff Hoosen, DA-woordvoerder oor samewerkende regering en tradisionele sake, Saterdag in ’n mediaverklaring gesê.

Die kabinet het Woensdag dié verlenging goedgekeur.

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het die ramptoestand op

15 Maart die eerste keer aangekondig. Sy het toe gesê dis nodig om die publiek te beskerm, verligting te verskaf, eiendom te beskerm, ontwrigting te voorkom en te beveg, asook om ander kwessies te pak wat deur die Covid-pandemie veroorsaak word.

Hoosen sê die nuutste verlenging het niks te make met die red van lewens nie, maar “alles met die ANC se behoefte om Suid-Afrika se staatskoffers leeg te maak”.

Hoosen sê die inperking dien in hierdie stadium geen ander doel nie as om mense se vermoë om te verdien en ondernemings te vernietig.

“Die regering moes pleks van ’n verlenging van die inperking, eerder maatreëls aangekondig het om die vernietigende uitwerking van die inperking op Suid-Afrikaners se lewens te verlig.”

Die regering moes pleks van ’n verlenging van die inperking, eerder maatreëls aangekondig het om die vernietigende uitwerking van die inperking op Suid-Afrikaners se lewens te verlig.

Hoosen stel die volgende voor:

• Alle sektore van die ekonomie moet toegelaat word om te midde van streng gesondheids- en higiëniese protokol sake te doen. Dit sluit onder meer in sport- en vermaaksektore asook hotelle en toerisme.

• Grense moet oopgestel word vir internasionale reise, onderhewig aan die nakoming van gesondheids- en higiëniese protokol.

• Pres. Cyril Ramaphosa moet in oorleg met die departement van binnelandse sake buitelandse ambassades toelaat om noodreisdokumente uit te reik wanneer landsburgers wat in die buiteland gestrand is, daarvoor aansoek doen omdat hul reisdokumente gedurende die inperkingstyd verval het.

• Die nasionale aandklokreël moet opgehef word sodat mense vrylik, maar steeds verantwoordelik, kan rondbeweeg.

“Suid-Afrikaners het geleer om met Covid-19 saam te leef en die gesondheidsprotokolle te gehoorsaam, onder meer deur die dra van maskers en die handhaaf van ’n gesonde afstand,” sê Hoosen. “Ons het die virus nie oorkom danksy irrasionele inperkingsregulasies nie, maar omdat Suid-Afrikaners persoonlik verantwoordelikheid vir hul gesondheid en veiligheid geneem het. Dis nou tyd dat die irrasionele inperking eindig en alle bedrywe weer funksioneer.”

Meer oor:  Ramptoestand  |  Koronavirus  |  Inperking  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.