Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA verloor 4 wyke in tussenverkiesings

Die DA het die meeste munisipale wyke (vier) aan ander partye afgestaan waar tussenverkiesings Woensdag op verskeie plekke in die land gehou is.

Die ANC het op sy beurt een wyk verloor, maar drie nuwe wyke bygekry.

Só lui die amptelike uitslae van dié tussenverkiesings soos wat die Verkiesingskommissie (OVK) dit Donderdag bekend gemaak het.

Die DA se span Woensdag by die tussenverkiesing in Boksburg. Foto: Gallo Images

Dié tussenverkiesings het onder streng Covid-19-maatreëls in 40 munisipale wyke in 25 munisipaliteite in die Oos-Kaap (7 wyke), die Vrystaat (2), Gauteng (16), KwaZulu-Natal (7), Limpopo (4) en Mpumalanga (4) plaasgevind.

Kate Bapela, OVK-woordvoerder, het Donderdag in ’n verklaring gesê die gemiddelde kiesersopkoms in dié tussenverkiesings was egter net 31,94%.

Die hoogste opkoms was die 36,63% van kiesers wat opgedaag het om in wyk 28 in die Mnquma-munisipaliteit (Butterworth) in die Oos-Kaap te stem.

Die laagste kiesersopkoms was die 6,64% in wyk 58 in die Tshwane-metro.

Volgens Bapela het die ANC 27 wyke behou waarin dit Woensdag meegeding het, een verloor en drie wyke bygekry.

Die DA het volgens haar ses wyke behou waaraan dit deelgeneem het, maar vier wyke verloor.

Die Patriotic Alliance (PA) het twee nuwe wyke gewen.

Die Inkatha Freedom Party (IVP) het een wyk behou en een wyk bygewen.

Daarby het die Better Residence Association een wyk (in Bosbokrand) verloor.

• Volg Netwerk24 vir meer hieroor.

Meer oor:  Da  |  Verloor  |  Tussenverkiesings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.