Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA veroordeel aanval op Koffiefontein-boer

Die DA het die aanval op ’n boer, Andries Myburgh, van Koffiefontein Dinsdag op ’n sitting van die Vrystaatse wetgewer ten sterkste veroordeel.

James Letuka, DA-koukusvoorsitter, het op die sitting die aanval op Myburgh en alle ander plaasaanvalle op boere en plaaswerkers in die provinsie veroordeel.

Andries Myburgh
Andries Myburgh Foto: Facebook

Twee mans het Myburgh Maandagmiddag buite sy plaashuis aangeval. Hy is met ’n voorwerp oor die kop geslaan en met ’n mes aangeval. Petrol is ook oor hom uitgegooi.

Nadat hy skote op hulle geskiet en hulle gevlug het, was sy klere aan die brand. Hy kon in die swembad spring om die vlamme te blus.

Letuka sê die DA het al telkemale die polisie gevra om aandag aan die vlaag plaasaanvalle in die Vrystaat te gee en belig gereeld die gebreke wat landelike veiligheid betref.

Hy sê die DA is die enigste politieke party wat ’n goed nagevorste landelike veiligheidstrategie het, wat die gety van landelike en oorgrensmisdaad kan draai.

Die party het ook ’n nasionale plaasaanval-groep onder Dianne Kohler Barnard met verteenwoordigers in elke wetgewer in die land.

Die party besoek gereeld brandpunte soos die Lesotho-grens om oorgrensmisdaad te belig wat ’n geweldige nadelige uitwerking op landbou in die Vrystaat het.

Dr. Roy Jankielsohn, DA-LPW, het verskeie wetsontwerpe, soos die privaatlede-wetsontwerp en die gemeenskapspolisiëringswetsontwerp, by die wetgewer ingedien. Dit sal die LUR vir polisie in staat stel om ’n onafhanklike ombudsman aan te stel om klagte teen die polisie te ondersoek.

Dit behels ook dat plaaspatrollies en buurtwagte geregistreer word sodat dit die nodige hulpbronne kan kry om misdaadsyfers te monitor.

“Die DA neem kennis van Bheki Cele, minister van polisie, en Ayanda Dlodlo, minister van staatsveiligheid, se besoek aan die familie van Brendin Horner en die boere van die streek.

“Ons het hierdie ministers en LUR’e in die parlement en in die onderskeie wetgewers oor die kwessie van landelike veiligheid gekonfronteer en aan hulle verduidelik wat gedoen moet word,” sê Letuka.

Hy sê die regering moet die vlaag misdaad in die land aanpak om Suid-Afrikaanse burgers te beskerm.

Meer oor:  Koffiefontein  |  Boer  |  Brandstof  |  Brand  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.