Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA verwelkom Jiba-uitspraak

Die DA het die hooggeregshof in Kaapstad se beslissing teen adv. Nomgcobo Jiba se hersieningsaansoek verwelkom.

Die hof het Jiba se aansoek om heraangestel te word as adjunkdirekteur van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), Vrydag met koste van die hand gewys.

Jiba het in haar aansoek gevra die hof moet pres. Cyril Ramaphosa en adv. Shamila Batohi, nasionale direkteur van openbare vervolging, beveel om haar weer aan te stel “met al die gepaardgaande werknemersvoordele verbonde aan dié pos”.

Ramaphosa het Jiba en die senior aanklaer adv. Lawrence Mrwebi in April vanjaar afgedank nadat die Mokgoro-kommissie bevind het sy en Mrwebi is nie geskikte kandidate vir senior poste in die NVG nie en dat Jiba onbevoeg is om so ’n senior pos te beklee.

Glynnis Breytenbach, DA-LP, sê die DA is verheug oor die uitspraak.

“Die hof het Jiba se aansoek van die hand gewys. Dit is goeie nuus vir Suid-Afrika, die NVG en vir adv. Shamila Batohi.”

Breytenbach sê Jiba het ’n belangrike rol gespeel “in die uitkalwing van die NVG en het die weg gebaan vir waar ons ons nou bevind – met grootskaalse korrupsie”.

“Die gemors wat vir adv. Batohi nagelaat is om skoon te maak, is grootliks veroorsaak deur Jiba, Lawrence Mwrebi en Shaun Abrahams (Batohi se voorganger).”

Volgens Breytenbach sou Jiba se heraanstelling ’n ramp vir die NVG gewees het.

“Die giftige invloed wat Jiba uitgeoefen het, kan nie oorskat word nie en enige hoop om die skip op die regte koers te kry, sou vernietig gewees het.”

Meer oor:  Glynnis Breytenbach  |  Nomgcobo Jiba  |  Reaksie  |  Hofbeslissing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.