Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA vra Cele se kop moet rol

Die DA doen ’n beroep op pres. Cyril Ramaphosa om Bheki Cele as minister van polisie te onthef nadat hy Dinsdag “roekelose en onsensitiewe” uitlatings gemaak het oor ’n polisiebeampte wat glo sy vrou verkrag het.

Andrew Whitfield, die DA se woordvoerder oor die polisie, het Cele Woensdag in ’n verklaring as ’n “apologeet van verkragting” uitgekryt, en eis dat Cele amptelik om verskoning vra.

Brig. Mathapelo Peters, Cele se woordvoerder, het Dinsdag gesê hy is in vergaderings en dat sy eers die kwessie met hom wil bespreek voordat kommentaar gelewer word.

Dít volg nadat Cele op ’n ampsbesoek aan Secunda in Mpumalanga na ’n voorval van verkragting verwys het om sy punt te staaf dat die media meer akkuraat oor die polisie moet berig.

’n Polisiebeampte het sy eie vrou verkrag en volgens Cele was dit verkeerd van die media om die polisie se naam by die voorval te betrek.

“Dit was ’n man wat sy vrou verkrag het . . . die man was nie aan diens toe die voorval plaasgevind het nie,” het Cele gesê.

“Die DA doen ’n beroep op pres. Ramaphosa om Bheki Cele uit sy posisie te verwyder nadat hy bewys het, veral nou met die staat van inperking, dat hy nie geskik is vir sy amp nie.

Luidens die verklaring van die DA is daar reeds 87 000 sake van geslagsgegronde geweld tydens die staat van inperking aangemeld.

“Dit is onverantwoordelik dat die minister van die media verwag om hulself te sensor oor voorvalle waar diegene wat verantwoordelik is om ons te beskerm, ons inderwaarheid skade aandoen,” lui die verklaring.

“Die DA doen ’n beroep op pres. Ramaphosa om Bheki Cele uit sy posisie te verwyder nadat hy bewys het, veral nou met die staat van inperking, dat hy nie geskik is vir sy amp nie,” lui die verklaring.

Sontaga Siesa, woordvoerder van die onafhanklike-polisieondersoekdirektoraat (Opod), het vroeër aan Netwerk24 gesê Opod ondersoek ’n klagte van verkragting teen ’n polisiebeampte in die Wes-Kaap. Die klagte is ten tyde van die staat van inperking ingedien.

https://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/opod-ondersoek-polisie-vir-moord-verkragting-en-aanranding-20200331

Meer oor:  Bheki Cele  |  Andrew Whitfield
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.