Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA vra Pravin oor LP wat glo R1 m. van Sassa kry
Pravin Gordhan

Die DA het Dinsdag in die parlement ’n goëlbal gegooi oor die voortgesette krisis met welsynstoelaes toe hy na ’n bekende ANC-LP verwys het wat glo vir advies oor die agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) betaal is.

Pravin Gordhan, minister van finansies, het ’n voorlegging in die staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) oor die voortgesette krisis gegee.

Sassa is deur Thokozani Magwaza, sy uitvoerende hoof, verteenwoordig.

Tim Brauteseth, DA-LP, het in vraetyd vir Gordhan gevra wat hy dink van dr. Makhosi Khoza, ANC-LP, wat voorheen ook in die Sassa-advieskomitee gedien het.

Sy het volgens Brauteseth glo R1 miljoen vir dié diens ontvang, maar het dit na bewering nooit in die parlement se register vir ledebelange aangeteken nie.

Khoza, wat veral naam gemaak het in hoe sy die ad hoc-komitee oor die openbare beskermer gelei het, het nie onmiddellik op navrae om kommentaar reageer nie.

Gordhan wou hom egter nie hieroor uitlaat nie.

“Die Khoza-kwessie is eerder ’n parlementêre aangeleentheid. Ek sou dink dit is iets vir die etiekkomitee.”

Meer oor:  Gordhan  |  Parlement  |  Sassa  |  Kry  |  Vra  |  Da  |  Lp  |  Oor  |  Pravin  |  Wat  |  Glo  |  Van
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.