Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA vra regsadvies oor partykwessie

Die DA het ’n omstrede voorstel wat sy provinsiale leiers in staat sal stel om voltyds op ’n paneel te dien wat die DA se nasionale en provinsiale leiers sal verkies, vir regsadvies verwys.

Mmusi Maimane, DA-leier, het Sondag so gesê nadat die party se federale raad die afgelope naweek in Johannesburg vergader het om belangrike partykwessies sowel as die DA se nasionale program in aanloop tot volgende jaar se algemene verkiesing te bespreek.

Maimane het bevestig dat die federale raad ’n voorstel bespreek het om die party se regulasies vir die nominasie van kandidate te wysig.

Mmusi Maimane. Foto: Jaco Marais

Die Sunday Times het Sondag berig dat James Selfe, voorsitter van die DA se federale raad, hierdie voorstel ingedien het, maar dat sy teenstaanders dit glo beskou het as ’n poging om steun vir homself by provinsiale leiers te werf weens ’n beweerde mosie van wantroue wat teen Selfe beplan word. Dié is glo weens sy hantering van die party se regstryd met Patricia de Lille, Kaapstadse burgemeester.

Selfe was nie teen publikasie Sondag beskikbaar vir kommentaar hieroor nie.

Maimane het egter oor die besluite van die federale raad gesê die voorgestelde wysigings het “gesonde interne debat” ontlok.

“ ’n Subkomitee is gevorm om ’n voorstel te maak en hierdie komitee het die naweek vergader en advies van die federale regskommissie ingevorder.

“Die subkomitee het voorgestel dat die federale raad ’n regsmening hieroor inwin wat sy toekomstige besprekinge daaroor sal lei. Totdat hierdie proses afgehandel is, sal provinsiale leiers nie op keuringspanele dien nie. Albei hierdie aanbevelings is goedgekeur,” het Maimane gesê.

  • Volg Netwerk24 vir meer oor hierdie berig.
Meer oor:  James Selfe  |  Mmusi Maimane  |  Politiek  |  Regsadvies  |  Da
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.