Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA vra wanneer gaan president teen De Lille optree

Die DA wil steeds weet waarom pres. Cyril Ramaphosa nog nie teen Patricia de Lille, minister van openbare werke en infrastruktuur, opgetree het nie – ondanks “ernstige” beweringe dat sy glo onreëlmatig polities by die werksaamhede van haar departement ingemeng het.

Samantha Graham-Maré, DA-LP en woordvoerder oor openbare werke en infrastruktuur, het Maandag in ’n verklaring herhaal dat die DA vroeër aan Ramaphosa geskryf het om hom te versoek om op grond van die beweringe teen De Lille op te tree.

“Die beweringe is ernstig en sommige kom van die spesiale ondersoekeenheid (SOE) en die nasionale tesourie, terwyl ander deel vorm van ’n regstwis tussen haar en adv. Sam Vukela, haar departement se (geskorste) direkteur-generaal.

“Daar was tot dusver geen reaksie van die presidensie nie.”

Volgens Graham-Maré het nog ander beweringe teen De Lille intussen aan die lig gekom, behalwe dié oor die omstrede Beitbrug-grenspos se heiningprojek.

“Die minister se voormalige regsadviseur is byvoorbeeld glo opdrag gegee om te probeer om ’n dispuut tussen die Onafhanklike Ontwikkelingstrust en ’n kontrakteur te bemiddel, terwyl die twee entiteite in ’n hofgeding betrokke was.”

Sy meen daar is ook verdere bewyse van ministeriële inmenging wat verband hou “met ’n R10 miljoen-betaling aan ’n diensverskaffer wat die minister in Maart glo regstreeks vir hulp genader het”, sê Graham-Maré.

De Lille se kantoor het ten tyde van publikasie nie Maandag op die DA se beweringe gereageer nie.

Die beweringe is ernstig en sommige kom van die spesiale ondersoekeenheid (SOE) en die nasionale tesourie, terwyl ander deel vorm van ’n regstwis tussen haar en adv. Sam Vukela, haar departement se (geskorste) direkteur-generaal.

Intussen het Solly Malatsi, DA-woordvoerder, Maandag ook gesê dat dié party nie sal reageer op Mmusi Maimane, voormalige DA-leier, se uitlatings dat die DA se nuwe nierassige ekonomiese beleid dit vir hom duidelik maak dat hy destyds die regte besluit geneem het om uit die party te bedank.

Sondag is berig hoe Maimane onder meer gesê het dat hy hom as voormalige DA-leier beywer het om die party ’n tuiste vir almal te maak, maar dat “sommige wou hê dat die DA gefokus moet wees op die minderheid, blind vir ras en ongeregtigheid”.

Malatsi het Maandag verder gesê dat die DA ’n suksesvolle beleidskonferensie gehad het waar dit ’n pakket sterk beleide ontwikkel het wat dit glo die land op die pad na voorspoedigheid kan lei.

“Ons fokus is op die volgehoue groei van ons organisasie en ons voorbereidings vir ons opkomende aanlyn verkiesingskongres, wat albei ons onmiddellike prioriteite is, en nie die menings van individue wat nie langer lede van ons party is nie,” het Malatsi gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.