Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
DA weer in beheer van Tshwane

Die DA sal ingevolge ’n meerderheidsbeslissing van die appèlhof weer in beheer van die Tshwane-metro wees.

John Steenhuisen, die DA se tussentydse leier, het die beslissing wat Dinsdag gelewer is, verwelkom en gesê daar sal daadwerklik ingespring word om die metroraad reg te ruk.

Die Tshwane-metroraad is op 4 Maart onder tydelike administrasie geplaas nadat die Gautengse uitvoerende raad dit ontbind het.

’n Volbank regters van die hooggeregshof in Pretoria het op 28 April bevind dat die uitvoerende raad onregmatig opgetree het en die besluit is ongeldig verklaar.

Nog voordat die DA weer sy pligte kon opneem, het die provinsiale regering direk in die konstitusionele hof hierteen appèl aangeteken.

John Steenhuisen, tussentydse leier van die DA. Foto: Felix Dlangamandla

Die aansoek het daartoe gelei dat ’n tydelike administrateur in beheer van die Tshwane-metroraad was en die DA het ’n nuwe aansoek ingedien sodat die hofbeslissing in April bekragtig moet word.

Die DA se aansoek is op 29 Junie toegestaan, hangende die uitslag van die provinsiale regering se appèlaansoek.

Die provinsiale regering, tesame met die EFF en ANC, het ’n aansoek ingedien by die appèlhof om te verhoed dat die DA weer beheer van die metroraad neem.

Luidens die aansoek het die hooggeregshof gefouteer deur die DA in beheer van die raad te plaas hangende sy eerste appèlaansoek in die konstitusionele hof.

’n Kworum van vyf regters in die appèlhof het Dinsdag in ’n meerderheidsbesluit die aansoek van die provinsiale regering van die hand gewys en die hooggeregshof gelyk gegee dat die Tshwane-raad in die tussentyd weer deur die DA bestuur kan word.

Meer oor:  John Steenhuisen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.